Lia Kilian (1968 - ) is ’n Afrikaanse skrywer.

Jonglewe wysig

Lia Kilian is op 5 November 1968 op Witbank in Oos-Transvaal gebore as die jongste dogter van Gys en Ansie Jansen van Rensburg en is een van vier kinders. Sy het ’n suster, Antoise, wat agt jaar ouer as sy, asook twee broers, Willem en Tjaart. Willem is twaalf jaar ouer as sy en Tjaart is ses jaar ouer as sy. Haar vader is ’n boukontrakteur en haar ma is ’n streeksbestuurderes vir 'n spyseniers firma. Sy word groot in Vanderbijlpark waar haar vader sy eie bou firma besit het. Haar laerskool opleiding kry sy aan die Laerskool Vaalrivier en Laerskool Kollegepark en sy gaan dan na die Hoërskool Vanderbijlpark en van daar na Hoërskool Dr Malan en waar sy ook matrikuleer in 1986. Na skool studeer sy verder aan die Kollege Damelin, waar sy haar diploma in rekeningkunde behaal. Sy is dan ook by verskeie tegnologiese instansies ingeskryf en altesame ses en twintig sagteware sertifikate bekom het. Later stadium studeer sy verder aan die Universiteit van Suid-Afrika op 'n deeltydse basis, waar sy ’n BCom -graad deeltyds gestudeer het maar nie voltooi het nie.

Volwasse lewe wysig

Lia was ingeskryf by die Universiteit vir haar Bsc Agrig graad maar weens haar vader se afsterwe het sy by Departement van Finansies in die staatsdiens te Pretoria gewerk. In die tydperk ontmoet sy haar man Eddie Krüger en is getroud in 1989, weens mishandeling is sy geskei in 1990, waar sy vanaf Pretoria na Johannesburg verhuis het. Daar was sy werksaam in Departement van Mineraal en Energiewese. In 1991 het sy haar verloofde en vader Paul Fox ontmoet en in 1992 was haar oudste seun Peter Fox gebore. In 1993 het die gesin verhuis na Houtbaai in die Kaapprovinsie. In 1994 het haar verhouding met Paul Fox ontbind en sy en haar oudste seun verhuis na Witrivier in die Oos-Transvaal. Daar was sy werksaam by Sappi as rekenmeester en ontmoet haar man Anton Badenhorst in 1995 waar uit haar seun Jako Badenhorst en dogter Ansie Badenhorst gebore is. Hulle verhuis na Pretoria in 1996 en sy was werksaam by Infracom Pty (Ltd) as rekenmeester en hoof van die krediteure afdeling. In 2001 verhuis hulle na Vanderbijlpark waar sy werksaam was by SASOL Pty(Ltd) as rekenmeester. In 2004 is sy geskei en van daar was sy enkellopend. Sy was in 2008 gediagnoseer met Bi poler en as gevolg van die graad van haar diagnose het sy uitgetree en voltyds begin skilder en skryf. In 2014 het sy verhuis na George.

In 2017 begin sy met 'n gemeenskap projek vir jong skrywers in samewerking van die Eden Distrik Biblioteke in die Wes-Kaap. Waar tydens sy slypskole vir laerskool kinders aanbied.

Skryfwerk wysig

Sedert as jongmeisie het sy aan kortverhale en gedigte geskryf. Haar eerste publikasie was in 2004. haar gedig "In haar Vader se skoot" was opgeneem in 'n gesamentlike bundel deur die Christelike Poësie Vereenging. 'n Verdere drie gedigte was in gesamentlike bundelings opgeneem deur die Christelike Poësie Vereenging deur die loop van twee jaar. In 2007 het sy haar eerste kompetisie gewen by SASOL tydens hulle Poësie kompetisie. Na haar diagnose het sy nie weer gepubliseer tot 2016 nie. Haar gedig " Wat is Liefde" is opgeneem in 'n gesamentlike bundel Hartswoorde deur SA Skrywers. November 2017 het haar debuut digbundel "Gedagte Wandelings en kortverhaalbundel "Flentertjies" die lug gesien.

Die oorheersende tema in haar boeke is die liefde en haar werk is ontspanningsromans wat op die kommersiële mark gerig is. Haar gedigte se oorheersende tema is gevoelige diep gedigte wat meer op die sensitiewe mark konsentreer. Haar debuut kortverhaalbundel "Flentertjies" is geïnspireer deur ware verhale. "Orals waar jy gaan hoor jy flentertjies van iemand se lewe. Hier 'n staaltjie, daar 'n herinnering. Dit laat my dink aan die houtsaagsels in 'n marmot se hok. Jy herkou daaraan en ou gedagtes rol daar deur.Partykeer laat dit jou glimlag en partykeer laat dit jou hartseer." Die meeste stories in die boek is romanse wat skeef geloop het met 'n gelukkige einde, maar daar is ook romanse met humor in en selfsskryfsels wat hartseer is.

Benewens haar gedigte en kortverhale en romanse doen sy ook vertaalwerk en illustrasies vir kinderboeke.

Publikasies wysig

Jaar Publikasie
2004 In haar Vader se skoot
2004 Neem die Leisels
2005 Hulp van Bo
2005 Waar sal my hulp vandaan kom
2007 Vrede
2016 Wat is Liefde - Hartswoorde
2017 Gedagte Wandelings
2017 Flentertjies
2018 Broederlike Weddenskap Kontreistories
2018 Stukkende Windpomp - Kontreistories
2018 Beminde - Simfonie van die See
2018 Siels Rotse - Simfonie van die See
2019 Pad na Sielsvrede

Boeke wysig

  • Lia Kilian - Gedagte Wandelinge - November 2017 - Marleo Uitgewers ISBN 9781928401612
  • Lia Kilian - Flentertjies - November 2017 - Marleo Uitgewers ISBN 9781928401698
  • SA Skrywers - Hartswoorde - Maart 2017 - Groep 7 ISBN
  • SA Skrywers - Kontreistories - Maart 2018
  • SA Digters - Simfonie van die See - Maart 2018
  • Lia Lilian - Pad na Sielsvrede - Januarie 2019 - Marleo Uitgewers - ISBN 9 781928 477532

Galery wysig