Bosnies

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Bosniake.
Bosnies
bosanski / босански 
Uitspraak: [bɔ̌sanskiː]
Gepraat in: Vlag van Bosnië en Herzegowina Bosnië en Herzegowina
Vlag van Serwië Serwië
Vlag van Kroasië Kroasië
Vlag van Slowenië Slowenië
Flag of the Republic of Macedonia Noord-Masedonië
Flag of Kosovo Kosovo
Vlag van Albanië Albanië
Vlag van Montenegro Montenegro
Vlag van Turkye Turkye 
Gebied: Balkan
Totale sprekers: 1,5 miljoen[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Slawies
  Suid-Slawies
   Suidwes-Slawies
    Serwo-Kroaties
     Bosnies 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Cyrilliese alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Bosnië en Herzegowina Bosnië en Herzegowina
Vlag van Montenegro Montenegro (in amptelike gebruik)[2]
Gereguleer deur: Instituut van Bosnies
Taalkodes
ISO 639-1: bs
ISO 639-2: bos
ISO 639-3: bos 
Verspreiding van Bosnies (donkerblou) binne Serwo-Kroaties (hemelblou)

Die Bosniese taal (bosanski/босански; [bɔ̌sanskiː]) is een van die standaardweergawes van die Suidwes-Slawiese taalgroep Serwo-Kroaties en dus nou verwant aan Kroaties, Montenegryns en Serwies. Bosnies vorm saam met Kroaties en Serwies die amptelike tale van Bosnië en Herzegowina. Daarbenewens is Bosnies in Montenegro in amptelike gebruik.

Verspreiding van Bosniake en Bosnies in die destydse Sosialistiese Republiek van Joego-Slawië in 1991

Die taal word vernaamlik deur Bosniake in Bosnië en Herzegowina gebruik. Dit is gebaseer op die westerse variant van die tokavski-dialek en gebruik oorwegend die Latynse alfabet, terwyl die Cyrilliese alfabet net selde gebruik word.

Die naam "Bosnies" is nogal omstrede, aangesien die Kroate en Serwiërs in Bosnië en Herzegowina hulle taal Kroaties en Serwies noem. Die grondwet van die Republika Srpska en die regering van ServiÎ, waar dit 'n amptelike taal is, verwys na Bosnies as: "taal gepraat deur die Bosniake" (Jezik kojim govore Bošnjaci).

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Bosnian". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2019. Besoek op 2 Desember 2020.
  2. (en) "Language and alphabet Article 13". Grondwet van Montenegro. WIPO. 19 Oktober 2007. Besoek op 2 Desember 2020. Serbian, Bosnian, Albanian and Croatian shall also be in the official use.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Wikipedia
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Bosnies


Indo-Europese tale: Satem-tale: Slawiese tale
Wes-Slawiese tale:
Kasjoebies | Polabies (†) | Pools | Slowaaks | Silesies | Sorbies (Neder-Sorbies, Opper-Sorbies) | Rusyn (Rusnak) | Tsjeggies
Oos-Slawiese tale:
Oud-Oos-Slawies (†) | Oekraïens | Russies | Rusyn (Roeteens) | Belarussies
Suid-Slawiese tale:
Bulgaars | Masedonies | Sloweens | Serwo-Kroaties (Bosnies, Kroaties, Montenegryns, Serwies)
Kunsmatige tale:
Protoslawies | Kerkslawies (Ou Kerkslawies) | Interslawies