Datief

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
naamval
nominatief vokatief
genitief ablatief
datief instrumentaal
akkusatief lokatief

Die datief is die naamval wat die indirekte voorwerp van 'n werkwoord in 'n sin merk. Dit kom van die Latyn "Cāsus datīvus". Dit word ondermeer in Duits, Yslands, Russies en Latyn gebruik. Dit word nie in Afrikaans gebruik nie.

Gebruike[wysig | wysig bron]

Duits[wysig | wysig bron]

In Duits merk die datief die indirekte voorwerp. Dit word ook ná die voorsetsels mit, nach, nebst, samt, seit, von, dank, zu, entsprechend, zufolge, bei, entgegen, außer, aus, gemäß, gegenüber.[1] vereis. Die datief word deur die volgende lidwoorde gemerk:

  • Dem-manlik en onsydig definitief
  • Der-vroulik definitief
  • Den-meervoud definitief
  • Einem-manlik en onsydig ondefinitief
  • Einer-vroulik ondefinitief

Dit word ook deur die volgende voornaamwoorde gemerk:

  • mir-my
  • dir-jou
  • ihm-hom
  • ihr-haar
  • ihm-dit
  • uns-ons
  • euch-julle
  • ihnen-hulle
  • Ihnen-u

Yslands[wysig | wysig bron]

In Yslands word selfstandige naamwoorde wat in die datief is deur die volgende agtervoegsels aangedui:

  • -i-manlik enkelvoud
  • -um-manlik meervoud

Dit word ook deur die volgende voornaamwoorde aangedui:

  • mér-my
  • þér-jou
  • okkur-ons
  • ykkur-julle
  • þeim-hulle

Russies[wysig | wysig bron]

In Russies word die datief gebruik om die indirekte voorwerp van 'n aksie te wys. Wanneer die voorwerp mosie wys word die datief inplaas van die akkusatief gebruik. Die datief word deur die volgende voornaamwoorde aangedui:

  • мне-my
  • тебе-jou
  • ему-hom
  • ему-dit
  • ей-haar
  • нам-ons
  • вам-u/julle
  • им-hulle

Pools[wysig | wysig bron]

Pools gebruik die datief in min of meer dieselfde manier as Russies,byvoorbeeld:

  • na werkwoorde
  • wanneer iets weggevat word of wanneer iets met iemand gebeur

Dit word ook deur die volgende voornaamwoorde aangedui:

  • mi/mnie-my
  • nam-ons
  • ci/tobie-jou
  • wam-julle
  • mu/jemu/niemu-hom
  • jej/niej-haar
  • mu/jemu/niemu-dit
  • im/nim-hulle

Hongaars[wysig | wysig bron]

Die datief word in Hongaars gebruik om die indirekte voorwerp van die werkwoord te wys. Die het twee agtervoegsels wat die datief aandui: -nak en -nek. Die datief word ook partykeer vir "vir" gebruik, byvoorbeeld: "Adom neki(ek gee dit vir hom). Dit word ook deur die volgende voornaamwoorde aangedui:

  • nekem-my
  • neked-jou
  • neki-haar/hom
  • nekünk-ons
  • nektek-julle
  • nekik-hulle

Fins[wysig | wysig bron]

Fins het nie 'n afsonderlike datief nie, maar die allatief vervul dieselfde rol as die datief.

Armeens[wysig | wysig bron]

In Oos-Armeens word die datief geskep deur 'n lidwoord by die genitief te voeg.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Thema 33. Präpositionen mit dem Dativ". ifu Oostenryk.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Naamvalle
Basies Absolutief · Akkusatief · Direk · Ergatief · Intransitief · Nominatief · Obliek
Adpositioneel Ablatief | Antessief | Datief | Distributief (–temporaal) | Essief (–formeel · –modaal) · Genitief · Instruktief · Instrumentalis (–komitatief) · Ornatief · Besitte · Possessief · Postpositionaal · Prepositionaal| Prolatief · Prosekutief · Proximatief · Sosiatief · Temporaal · Vialis
Lokatief Ablatief · Adessief · Allatief · Apudessief · Assosiatief · Komitatief · Delatief · Elatief · Exessief · Illatief · Inelatief · Inessief · Intratief · Latief · Lokatief · Perlatief · Subessief · Sublatief · Superessief · Superlatief · Terminatief · Translatief
Comparatief Comparatief · Equatief
Evaluatief Aversief · Benefaktief · Evitatief
Ander Abessief · Addirektief · Adelatief · Adverbiaal · Caritief · Kousaal (–finaal) · Finaal · Modaal · Multiplikatief · Partitief · Pegatief · Privatief · Postelatief · Postdirektief · Postessief · Separatief · Subdirektief · Suppressief · Vokatief