Duitse Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Duitse Wikipedia
Tipe webblad Wiki
Taal(e) Duits
Registrasie Opsioneel
Eienaar Wikimedia Stigting
Opgerig 16 Maart 2001
Huidige status Aktief
URL de.wikipedia.org
Lande waar die Duitse Wikipedia die belangrikste weergawe is
Tydlyn
Gebruikergroepe

Die Duitstalige uitgawe van Wikipedia is op 16 Maart 2001 begin en is tans die 3de grootste aanlyn ensiklopedie volgens die aantal gepubliseerde artikels, na die Engelse en Cebuano Wikipedias.[1] Dit bevat tans 2 895 743 artikels.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die Duitse Wikipedia was die eerste nie-Engelse Wikipedia wat geskep is. Dit is op 16 Maart 2001 deur Jimmy Wales aangekondig.[2] Die eerste bydrae op die Wikipedia word op 12 Mei 2001 gemaak.[3] Hoewel die Katalaanse Wikipedia eers later geskep is, was dit die eerste om nie-Engelse artikels te bevat.

Aantal artikels[wysig | wysig bron]

Op 27 Desember 2009 het die Duitse uitgawe meer as 1 000 000 artikels gehad en op 19 November 2016 2 miljoen. 98% persent van die artikels het meer as 200 karakters gehad, 88% het meer as 512 grepe gehad, 42% was groter as 2 kB, en die gemiddelde artikel was 3698 grepe of 410 woorde lank.[4]

Datum Aantal artikels
23 Maart 2001 amptelike oprigting
12 Mei 2001 eerste operasie
24 Januarie 2003 10 000
27 Julie 2003 25 000
8 Februarie 2004 50 000
13 Junie 2004 100 000
15 Februarie 2005 200 000
28 Junie 2005 250 000
7 Oktober 2005 300 000
18 Mei 2006 400 000
23 November 2006 500 000
18 Junie 2007 600 000
30 Januarie 2008 700 000
17 Mei 2008 750 000
6 September 2008 800 000
4 Mei 2009 900 000
27 Desember 2009 1 000 000
29 Julie 2010 1 100 000
9 Maart 2011 1 200 000
24 Junie 2011 1 250 000
16 Oktober 2011 1 300 000
30 April 2012 1 400 000
18 November 2012 1 500 000
24 Junie 2013 1 600 000
21 Maart 2014 1 700 000
25 Augustus 2014 1 750 000
15 Januarie 2015 1 800 000
23 Januarie 2016 1 900 000
19 November 2016 2 000 000
29 Maart 2024 2 895 743

Voorbeeld[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. meta:List of Wikipedias [1]
  2. Jimmy Wales: Alternative language wikipedias, 16 Maart 2001
  3. Die eerste artikel was Polymerase-Kettenreaktion
  4. http://stats.wikimedia.org/EN/TablesWikipediaDE.htm 19 Desember 2006

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]