Eurasië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Eurasië

Ligging van Eurasië op 'n wêreldkaart

Oppervlakte 54 759 000 km²
Bevolking 4 620 000 000
Bevolkingsdigtheid 84 inwoners/km²
Lande 92
Tydsones UTC±0 (Ysland) tot UTC+12 (Rusland)
Afrika-Eurasië aansig van die Blou Albaster

Eurasië is die landmassa wat uit Europa en Asië bestaan. Dit is meestal in die oostelike en noordelike halfrond geleë. Eurasië kan beskou word as 'n superkontinent, as deel van die superkontinent Afrika-Eurasië, of eenvoudig as 'n kontinent. In plaattektonika sluit die Eurasiese Plaat Europa en meeste van Asië, maar nie die Indiese subkontinent, die Arabiese subkontinent, en die gebied oos van die Cherskiybergreeks in Sakha in nie. Eurasië word ook in internasionale politiek gebruik as a neutrale manier om na organisasies of aangeleenthede betreffende die post-Sowjetstate te verwys. Europa en Asië word tradisioneel as aparte kontinente gesien met die skeidslyn langs die Egeïese See, Dardanelle, Bosporus, Swartsee, Kaukasusberge, Kaspiese See, Oeralrivier, en Oeralgebergte.

Eurasië se dominante plek in wêreldgeskiedenis word soms toegeskryf aan die oos-wes uitgestrektheid, die klimaatsones daarvan, en die beskikbaarheid van Eurasiese diere en plante wat hulle tot vee- en landbou leen.

Die Sjinese syroete simboliseer handel en kulturele bande tussen die Eurasiese kulture.

Ander gebruike[wysig | wysig bron]

Eurasië was ook 'n denkbeeldige land wat rofweg dieselfde grondgebied beslaan het as die super-kontinent in George Orwell se Nineteen Eighty-Four, met die uitsondering van die Britse Eilande.

In Robert Heinlein se verhaal Solution Unsatisfactory wat in 1940 geskryf is, beskryf hy 'n toekomstige 1945 waarin die Sowjetunie in "Die Eurasiese Unie" omgeskakel is.

In S.M. Stirling se distopiese Draka Alternatiewe Geskiedenisreeks is die analoog van die Tweede Wêreldoorlog die "Eurasiese Oorlog".

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Kontinente van die wêreld


Afrika-Eurasië

Amerikas

Eurasië

Oseanië


Afrika

Antarktika

Asië

Australië

Europa

Noord-Amerika

Suid-Amerika

Geologiese superkontinente : Gondwana · Laurasië · Pangaea · Rodinia · Ur · Vaalbara