Ferdinand Sassen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.
Ferdinand Sassen

Ferdinand Léon Rudolphe Sassen (13 Augustus 1894 - Lugano, 16 September 1971) was 'n Nederlandse priester, filosoof en hoogleraar in filosofie aan die Katolieke Universiteit Nijmegen en die Rijksuniversiteit Leiden.

Biografie[wysig | wysig bron]

Ferdinand Sassen word gebore in Nijmegen in 1894 en stam uit 'n patrisiërsfamilie wat verskillende wetenskaplikes, politici en bestuurders voortgebring het. Sy vader was siviele ingenieur by die Maatschappij tot Exploitatie van Staatsspoorwegen. Hy woon die laerskool in Breda en die Canisiuscollege te Nijmegen by. Vanaf 1912 studeer hy filosofie in Fribourg, Switserland, waar hy in 1915 promoveer op die proefskrif De theoria cognitionis Plotini cetero ejus systemati comparata. Daarna studeer hy teologie aan die biskoplike seminarie in Roermond. In 1919 word hy tot priester beroep.

Hy was dosent in Rolduc van 1919 tot 1931. Van 1929 tot 1945 was hy hoogleraar filosofie in Nijmegen en van 1946 tot 1964 in Leiden. In 1936 word hy lid van die Koninklijke Nederlandse Akademie van Wetenschappen. Na 1940 het hy hom verder toegelê op die geskiedenis van die filosofie en van die filosofie-onderwys in Nederland.

As priester van die bisdom Roermond het hy hom sy lewe lank sterk met hierdie bisdom en met die provinsie Limburg verbind gevoel en hom steeds vir die belange van hulle beide ingeset: byvoorbeeld vir die erkenning van staatsweë van die nuut opgerigte Hogeschool voor Theologie en Pastoraat te Heerlen en by die voorbereidings tot oprigting van 'n Universiteit van Maastricht.

Publikasies[wysig | wysig bron]

Saasen skryf vele artikels en 'n tiental boeke oor kennisteorie in die Griekse en Romeinse oudheid, Italiaanse letterkunde en regsfilosofie. 'n Selekse:

  • 1917. De theoria cognitionis Plotini cetero ejus systemati comparata
  • 1921. Het Gioacchino-vraagstuk der Divinia Commedia
  • 1933. Thomas van Aquino
  • 1934. Waarheid en zekerheid*
  • 1934. Overheidsgezag en revolutie.

Spesifiek op die gebied van die geskiedenis van die filosofie.

  • 1928. Geschiedenis van de wijsbegeerte der Grieken en Romeinen.
  • 1928. Geschiedenis der patristische en middeleeuwsche wijsbegeerte.
  • 1931. De middeleeuwsche wijsbegeerte in de Nederlanden.
  • 1933. Geschiedenis van de nieuwere wijsbegeerte tot Kant.
  • 1934. Geschiedenis van de wijsbegeerte der negentiende eeuw.
  • 1940. Wijsbegeerte van onzen tijd.
  • 1941. Wijsgeerig leven in Nederland in de twintigste eeuw.
  • 1959. Geschiedenis van de wijsbegeerte in Nederland: tot het eind der negentiende eeuw. Elsevier.
Oor Sassen
  • C.E.M. Struyker Boudier (1997). Een man van de geest. Hoofdstukken over leven en werken van Ferdinand Sassen. Valkhof Pers. ISBN 90-5625-016-7

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

  • Koninklijke Bibliotheek oor Ferdinand Sassen. Biografie in die Biografisch Woordenboek van Nederland