Kartago

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kartago*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Ruïnes van die Antoninus Pius-badkamers
Ligging van Kartago op 'n kaart (Tunisië)
Kartago
Kartago
Ligging van Kartago in Tunisië
Koördinate: 36°51′11″N 10°19′23″O / 36.85306°N 10.32306°O / 36.85306; 10.32306Koördinate: 36°51′11″N 10°19′23″O / 36.85306°N 10.32306°O / 36.85306; 10.32306
Lande Vlag van Tunisië Tunisië
Tipe Kultuur
Kriteria ii, iii, vi
Verwysings 37
Streek Afrika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1979  (3de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Kartago (ook: Carthago, Kartage, van Latyn: Carthago, uit Punies: Qart-Hadasht: nuwe stad) was in die eerste millennium v.C. 'n belangrike stad aan die kus van die huidige Tunisië. Die stad was die grootste teenstander van die Romeinse Republiek en is ná die Derde Puniese Oorlog in 146 v.C. volledig vernietig.

Ligging van Kartago aan die kus van Noord-Afrika langs die Middellandse See
Kartago in 1880
Nasa-Satellietbeeld van Kartago

Stigting[wysig | wysig bron]

Kartago is deur die Fenisiërs gestig en tradisioneel geld 814 v.C. as die stad se stigtingsdatum. Volgens Philo van Bublos wat in die 2de eeuChristus gelewe het - duisend jaar later - het hy annale van die Tyriese koning Mattan I gesien, wat sê dat hierdie koning sy troon aan sy elfjarige seun Pygmalion nagelaat het. Dit sou vir Pygmalion se suster Elissa die aanleiding gewees het om na die weste te vlug en in 814 v.C. die stad Kartago te stig. In argeologiese opgrawings is 'n hanger gevind met die name van Pygmalion en Astarte in die graf van Yada'milk en mense het aanvanklik geglo dat hy een van die oorspronkelike stigters van die stad was. Ongelukkig is daarna gevind dat Yada'milk drie eeue later gelewe het. Daar is argeologies min bekend oor die vroegste tye van die stad en niks ouer as 760 v.C. is gevind nie.[1]

Puniese oorloë[wysig | wysig bron]

Rome en Kartago het mekaar in drie oorloë, wat die Puniese oorloë genoem word, die stryd aangesê:

Die naam Punies kom van die Latynse woord Poeni wat Fenisiërs of Kartagers beteken. Punies is ook die naam van die Semitiese taal wat die Poeni gespreek het. Hierdie taal was nou verwant aan Hebreeus.[2]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Carthage Must Be Destroyed: The Rise and Fall of an Ancient Civilization Richard Miles Penguin, 2011, ISBN 1-101-51703-4, ISBN 978-1-101-51703-1
  2. The Punic Wars: Rome, Carthage and the Struggle for the Mediterranean, Nigel Bagnall, Random House, 2008, ISBN 1-4090-2253-6, ISBN 978-1-4090-2253-4

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]