Tsjeggiese nasionale rugbyspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Tsjeggië
Unie Tsjeggiese Rugbyunie
Afrigter(s) Miroslav Němeček en Pavel Pala
Kaptein(s) Marek Loutocký
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Pavel Syrovy (28)[1]
Meeste punte Martin Kafka (153)[2]
Meeste drieë Jan Rohlik (7)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye 5–21 Roemenië Vlag van Roemenië
(22 Mei 1927)
Vlag van Andorra Andorra 6–3 Tsjeggië Vlag van Tsjeggië
(15 Mei 1993)
Grootste oorwinning
Vlag van Tsjeggië Tsjeggië 95–5 Vlag van Kroasië Kroasië
(7 April 2002)
Grootste nederlaag
Vlag van Italië Italië 104–8 Tsjeggië Vlag van Tsjeggië
(Viadana, Italië; 18 Mei 1994)
Unie webwerf
www.rugbyunion.cz

Die Tsjeggiese nasionale rugbyspan verteenwoordig Tsjeggië in rugby op internasionale vlak. Rugby in Tsjeggië word deur die Tsjeggiese Rugbyunie (Tsjeggies: Česká Rugbyová Unie) geadministreer. Die Tsjeggiese rugbyspan is tans (18 Desember 2019) 37ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4]

Spanje speel teen Tsjeggië op 3 November 2007 in Madrid, Spanje

Die span het vir die eerste keer in 1993 as Tsjeggië rugby begin speel nadat Tsjeggo-Slowakye verdeel is. Voor die ontbinding het die span as Tsjeggo-Slowakye gespeel. Die span speel in die Europese Rugbykampioenskap. Die span het tot dusver nog nie vir die Rugbywêreldbeker gekwalifiseer nie, al ding hulle sedert 1995 in die kwalifisering mee. Die sport is in die land nog steeds op amateurvlak, maar daar is verskeie Tsjeggiese spelers wat in Frankryk professioneel speel, waaronder Martin Jágr.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die Tsjeggiese nasionale rugbyspan in Amsterdam, nadat hulle Nederland tydens die 2010/12-Europese Nasiesbeker 25–13 geklop het

In 2005 het Tsjeggië die Australiese Superrugbyspan Waratahs na Praag genooi, maar met 3–94 verloor.[5]

Tsjeggië het op 16 Desember 2009 Hongkong op Synot Tip Arena in Praag met 17–5 geklop. Dit was die laaste wedstryd vir ses spelers:[6] Antonín Brabec, Jan Macháček, Jan Oswald, Pavel Syrový, Ladislav Vondrášek en Jan Žíla.

Tsjeggië is in 2014 van die Europese Nasiesbeker se Eerste Divisie na die Tweede Divisie afgegradeer, nadat hulle op die sesde plek in hul groep geëindig het.

Op 9 November 2016 het Tsjeggië ter herdenking van die Tsjeggiese Rugbyunie se 90ste verjaarsdag in ’n historiese wedstryd teen die Britse Barbarians te staan gekom. Dié wedstryd is op die Marketa-stadion in Praag aangebied. Hulle is egter deur die Barbarians 71–0 geklop.[7][8]

Rekords[wysig | wysig bron]

Algehele rekord[wysig | wysig bron]

Tsjeggië het teen 18 Desember 2019 124 van hulle 286 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 43,36%.[9] Dit sluit Tsjeggo-Slowakye se statistiek in.

Tsjeggië se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 18 Desember 2019)[9]

Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
Vlag van Andorra Andorra 3 2 1 0 66,67
Vlag van België België 13 7 5 1 57,69
 Britse Barbarians 1 0 1 0 0
Vlag van Bulgarye Bulgarye 6 5 1 0 83,33
Vlag van Denemarke Denemarke 2 2 0 0 100
Vlag van Duitsland Duitsland 11 2 9 0 18,18
Vlag van Frankryk Frankryk 10 0 10 0 0
Vlag van Georgië Georgië 8 0 8 0 0
Vlag van Hongarye Hongarye 2 2 0 0 100
Vlag van Hongkong Hongkong 1 1 0 0 100
Vlag van Israel Israel 3 2 0 1 83,33
Vlag van Italië Italië 13 1 11 0 11,53
Vlag van Italië Italië B 1 0 1 0 0
Vlag van Kroasië Kroasië 6 5 1 0 83,33
Vlag van Letland Letland 2 2 0 0 100
Vlag van Litaue Litaue 2 1 1 0 50
Vlag van Luxemburg Luxemburg 2 2 0 0 100
Vlag van Malta Malta 3 3 0 0 100
Vlag van Marokko Marokko 6 3 3 0 50
Vlag van Moldowa Moldowa 7 3 4 0 42,85
Vlag van Oekraïne Oekraïne 9 5 4 0 55,55
Vlag van Oos-Duitsland Oos-Duitsland 11 10 1 0 90,90
Vlag van Pole Pole 35 16 17 2 38,57
Vlag van Portugal Portugal 12 0 12 0 0
Vlag van Roemenië Roemenië 25 0 24 1 2
Vlag van Roemenië Roemenië A 1 0 1 0 0
Vlag van Roemenië Roemenië B 3 1 2 0 33,33
Vlag van Rusland Rusland 8 2 6 0 25
Vlag van Serwië Serwië 8 7 1 0 87,50
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 6 2 4 0 33,33
Vlag van Spanje Spanje 13 4 8 1 34,61
Vlag van Swede Swede 10 8 2 0 80
Vlag van Switserland Switserland 8 6 2 0 75
Vlag van Tunisië Tunisië 5 2 3 0 40
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 13 9 3 1 73,07
Totaal 286 124 154 8 43,36

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1987 Nie genooi nie
1991 Nie gekwalifiseer nie
1995 Nie gekwalifiseer nie
1999 Nie gekwalifiseer nie
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Nie gekwalifiseer nie
2011 Nie gekwalifiseer nie
2015 Nie gekwalifiseer nie
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 Nie gekwalifiseer nie
2027 N.v.t.
2031 N.v.t.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2020. Besoek op 18 Desember 2019.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2020. Besoek op 18 Desember 2019.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2020. Besoek op 18 Desember 2019.
  4. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 18 Desember 2019.
  5. (en) "Waratahs attract record crowd in Prague". Tsjeggiese Rugbyunie. 9 Oktober 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2016. Besoek op 18 Desember 2019.
  6. (cz) Loučení opor s národním týmem Geargiveer 4 Januarie 2010 op Wayback Machine
  7. (en) "Barbarians entertain with 11-try win". Sport24.co.za. 9 November 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2018. Besoek op 18 Desember 2019.
  8. (en) "Barbarians crush Czech Republic". Planetrugby.com. 9 November 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020. Besoek op 18 Desember 2019.
  9. 9,0 9,1 (en) "International Rugby Union Statistics – Czechia". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2020. Besoek op 18 Desember 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]