Wikipedia:Geselshoekie/Argief2010

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Argief Hierdie bladsy dien as 'n argief van ou besprekings. Moenie die inhoud van hierdie bladsy wysig nie. Indien u 'n nuwe bespreking wil begin, of by een van die oues hieronder wil aansluit, doen asseblief so voort op die huidige besprekingsblad.

witboois

→ Hierdie gesprek is na die Navraagafdeling verskuif.

Verwarring met aansture

Ek vind dit onsinnig dat iemand ’n artikel "Atlas" skep en dit dan ’n aanstuur maak na "Atlas (gebergte)". Of nog erger, ’n artikel "Iapetus (maan)" ’n aanstuur maak na "Iapetus". As iemand dan ’n dubbelsinnigheidsblad wil skep, is dit ’n hele gedoente om goed rond te skuif en aansture te verander. Is daar nie ’n ander manier om dit te doen nie, byvoorbeeld "Atlas" vir ’n artikel oor die berge te skep, en as iemand anders dan ’n ander Atlas-artikel (oor bv. mitologie) wil skryf, kan dié persoon dan aansture en dubbelsinnigheidblaaie skep? Winston (kontak) 18:40, 4 Januarie 2010 (UTC)[antwoord]

Oral and maxillofacial surgery

→ Hierdie gesprek is na die Navraagafdeling verskuif.

1

Ek is nuut hier(tog nie jonk nie) Bereid om so 'n uur per dag af te staan om Afrikaanse Wiki te help uitbrei, Ek verstaan nie alles wat ek hier lees nie. Is daar miskien iemand wat bereid is om my in te lei in die prosesse en my te help om my kragte op die beste manier in te skakel? Kallie (kontak) 14:21, 11 Januarie 2010 (UTC) Kallie[antwoord]

Sydney artikel

In die artikel is twee snaakse , maar growwe foute.Daar word verwys na gevangenisse wat in die werk gesteek is i.p.v. gevangenes. Tweedens word verwys na die Burgermeester van Sydney i.p.v Burgemeester, wat korrekte Afrikaans is. Kan iemand dit miskien regmaak voordat die artikel dalk kwalifiseer vir voorblad status ?– Hierdie ongetekende kommentaar is deur Kallie (BesprekingBydraes) gelewer.

Jy kan dit verander deur op die "wysig"-skakel te druk.Graaf (kontak) 21:19, 12 Januarie 2010 (UTC)[antwoord]

Wat beteken botbywerking

Kallie (kontak) 09:45, 20 Januarie 2010 (UTC)[antwoord]

Hi, Kallie. 'n "Botbywerking" (alhoewel "botwysiging" miskien beter is) is 'n wysiging wat deur 'n robot (rekenaarprogram) gemaak word. Meeste botwysigings is om sg. "interwikiskakels" te plaas/wysig (daardie skakels aan die linkerkant van 'n artikel wat jou na dieselfde artikel in verskillende tale neem). Sommige robotte doen ander klein, herhalende take, byvoorbeeld om skakels na beelde wat nie bestaan nie te verwyder, ens. Anrie (kontak) 16:45, 20 Januarie 2010 (UTC)[antwoord]

KALIUM

→ Hierdie gesprek is na die Navraagafdeling verskuif.

Wikipedia:Navraagafdeling

Die Wikipedia:Navraagafdeling is van stapel gestuur en is soortgelyk aan die Engelse projek se Reference Desk. Ek het nou so paar gesprekkies uit die huidige Geselshoekie daarheen verskuif en verwysings hiervandaan soontoe geplaas om verwarring te voorkom. Hopelik kan ons hier op ons navrae konsentreer en moontlik nog bydraers lok deur hulle met hul navrae te help. — Adriaan (Bespreking • Bydraes) 20:41, 23 Januarie 2010 (UTC)[antwoord]

Die vraag is nou wat ons riglyne hier gaan wees. Op die Engelse Wikipedia aanvaar hulle nie persoonlike mediese navrae of hulp met huiswerk nie, byvoorbeeld. Hoe sal ons standpunt hieroor lyk? — Adriaan (Bespreking • Bydraes) 20:47, 23 Januarie 2010 (UTC)[antwoord]
Ek dink ons moet as wegspringpunt die Engelstalige riglyne aanneem en dan later daaraan skaaf om aan ons gemeenskap se behoeftes te voldoen. Gaan ons iewers 'n prominente skakel hê waar mense dan maklik die afdeling sal kan opspoor? --RAM (kontak) 11:59, 28 Januarie 2010 (UTC)[antwoord]
'n Skakel kan in die linkerbalk onder "Geselshoekie" geplaas word, en dan selfs ook op hierdie bladsy, êrens bo-aan. — Adriaan (Bespreking • Bydraes) 18:52, 28 Januarie 2010 (UTC)[antwoord]

14,000!

I know this is abit overdue, but congradulations on the 14,000th article!! Ben Bezuidenhout (kontak) 16:26, 28 Januarie 2010 (UTC)[antwoord]

Nylrivier

My kind moet Maandag 'n taak by die skool inhandig, ek moet spesifiek inligting kry oor die volgende vra, wat ek nie kon kry nie:-

1. Waar kom die Nylrivier se water vandaan? 2. Hoe lank is die Nylrivier? 3. Deur watter lande vloei die Nylrivier? 4. Watter sytakke het die Nylrivier? 5. Die Nylrivier mond uit in 'n delta in die see. Wat is 'n delta? 6. Dink jy die Egiptiese beskawing was demokraties? Gee redes. 7. Is die aanhou van slawe 'n demokratiese praktyk? Gee redes. 8. Is die betaal van belasting demokraties? 9. Wat sal jy aan die bestuur van die Egiptiese beskawing verander om dit demokraties te maak?

Help gerus om 'n Nylrivier artikel te skep. Groete. Anoniem
Alhoewel ons gewoonlik nie regstreeks by mense se skooltake betrokke wil raak nie, sal ons steeds behulpsaam kan wees met die skepping en uitbreiding van bepaalde artikels. 'n Beknopte oorsig oor "Staat en samelewing" in antieke Egipte is nou beskikbaar onder Antieke Egipte. Sien ook die artikel Rivierdelta. --Voyageur (kontak) 19:11, 29 Januarie 2010 (UTC)[antwoord]

Kreasionisme vs Skeppingsleer

Kreasionisme of Skeppingsleer Wat is die korrekte Afrikaanse gebruik?

Beide seker? Kan nie 'n betekenisverskil raaksien nie.196.215.11.72 10:55, 30 Januarie 2010 (UTC)[antwoord]
Beide die AWS (9de uitgawe) en Christelike Kernensiklopedie gee "kreasionisme" en NIE skeppingsleer nie. Groete hansjoseph (kontak) 13:41, 30 Januarie 2010 (UTC)[antwoord]

redenaar praatjie gr 7 respek

Hallo daar sjoei krap baie kop moet redenaar paraatjie skryf oor respek soek bronne inligting kan iemand dalk help asb.

druk van bladsy

hallo daar ek wil asb weet waar kan ek op klik om bladsy te druk,want help veel als kom op maar ek kan nie druk nie. groete marieth

Haai, Marieth. Jy kan 'n bladsy druk as jy op die kieslys links op "drukbare weergawe" kliek en dan Control+P (of "Print" deur die kieslys onder "File") druk. Sterkte. Anrie (kontak) 09:22, 3 Februarie 2010 (UTC)[antwoord]

Probleme met Wikipedia

Het enigiemand anders sedert die begin van die naweek probleme met die Beta-weergawe van Wikipedia? Ek gebruik Firefox. Winston (kontak) 16:54, 7 Februarie 2010 (UTC)[antwoord]

Knip-en-plak funksioneer tans nie. --Voyageur (kontak) 16:59, 7 Februarie 2010 (UTC)[antwoord]
Ai, dankie, ek dog my rekenaar is besig om op te pak! (Die simbole en karakters onderaan die wysigingsblaaie werk ook nie.) Winston (kontak) 18:28, 7 Februarie 2010 (UTC)[antwoord]

--41.124.162.189 07:11, 16 Februarie 2010 (UTC)[antwoord]

bekkenondersoek

hoe ver moet n baba in jou bekken le. – Hierdie ongetekende kommentaar is deur 41.117.52.155 (BesprekingBydraes) gelewer.

Ken nie die antwoord nie, maar probeer by http://www.pampers.co.za/forum/index.php. Iemand sal die antwoord vir jou hê. Hulle praat ook Afrikaans daar. Voor jy vrae kan pos, sal jy moet registreer http://www.pampers.co.za/en_ZA/registration.php?extsrc=forum. Alles van die beste. Byeboer (kontak) 09:48, 18 Februarie 2010 (UTC)[antwoord]

Wikimedia edit counter, 1 Billion milestone

Hi. Please, can you help me translating this tool into Afrikaans? (Follow the "Translate it!" link). Thanks. Emijrp (kontak) 21:12, 18 Februarie 2010 (UTC)[antwoord]

Geskiedeniskategorie

Wie het wikipedia se geskiedenis kategorie geskryf?

Hallo, besoeker. Niemand het die Kategorie:Geskiedenis geskryf nie - dis liewer die skrywers van die aparte artikels (of ander gebruikers) wat die artikels tot die kategorie toevoeg. Die kategorie wys naamlik alle artikels wat in die artikel self die sintaks [[Kategorie:Geskiedenis]] in het (so-ook subkategorieë). Anrie (kontak) 16:57, 22 Februarie 2010 (UTC)[antwoord]

Sjabloon:YouTube

Ik zie dat iemand een Sjabloon:YouTube heeft aangemaakt en nu links aan het aanleggen is naar videoclipjes van diverse artiesten aldaar. Is dat wenselijk? Wutsje (kontak) 15:50, 26 Februarie 2010 (UTC)[antwoord]

Goeie vraag. Dit word algemeen op die Ingelse Wikipedia gebruik. Groete. Anoniem. Gebruiker:41.240.139.240 16:55, 26 Februarie 2010 (UTC)[antwoord]
Dit is de Afrikaanse Wikipedia, wat er op de Engelse gebeurt lijkt me hier niet zo heel relevant. De af:wiki-gemeenschap kan er een andere mening over hebben. Wutsje (kontak) 16:27, 26 Februarie 2010 (UTC)[antwoord]
Ek sal dan maar vir eers ophou sodat julle daaroor kan besin. Groete. Anoniem

Hulp met identifikasie van spesie

Hulp benodig met identifikasie

My vrou het hierdie foto onlangs geneem met haar besoek aan die Krugerwildtuin. Ek vermoed dit is een van die erdslange (Reuse-erdslang, Bibron se erdslang) maar nie seker watter een nie. --RAM (kontak) 09:06, 4 Maart 2010 (UTC)[antwoord]

Haai, Renier. Ek dink dis Bibron s'n: glansende skubbe, kort sekelstert. Volwasse slange (en die een lyk volwasse) word so tussen 30 en 40 cm. As jou vrou kan skat dat hy so lank was, is dit moontlik die korrekte spesie. Indien hy langer was, tussen 60 en 90cm (of groter) is dit moontlik 'n reuse-erdslang, alhoewel hulle nie so glinster nie. Mooi foto, trouens! Anrie (kontak) 15:05, 4 Maart 2010 (UTC)[antwoord]
Hallo RAM, ek glo die beeld is van Acontias plumbeus, 'n pootlose skink en nie 'n slang nie. Loopy30 (kontak) 02:07, 18 November 2021 (UTC)[antwoord]

Krimpvarkies

Ons het vanoggend 'n krimpvarkie op die grasperk opgetel. Hy is nog nie uitgegroei nie en dit wil voorkom of die honde hom effens by gekom het, daar is 2 seerplekkies op sy lyf. Ons het "wound aerosol" aan die wonde gespuit,maar wil hom graag versorg tot hy weer vry gelaat kan word. Wat eet krimpvarkies alles en hoe lyk 'n gunstige omgewing/nes?

Krimpvarkies eet erdwurms en ander klein insekte (soos krieke). Hulle is nagdiertjies, en sal 'n stil, donkerige hoekie met grassies waardeer. Groete. Anoniem
U kan gereelde maaltye (maksimaal 2 eetlepels per dag) van water, blikkies katkos (indien beskikbaar, kan die katkos met spesiale droë krimpvarkiekos vermeng word), gekookte eiers, meelwurms en piesangs gee. 'n Krimpvarkie benodig ook kalk - gee gerus fyngedrukte eierskille.
Vir 'n gunstige omgewing kan 'n groot doos met koerantpapier as bodem gebruik word (byvoorbeeld dié van 'n televisietoestel, twee vierkante meter of so). Plaas 'n skoendoos met 'n klein ingang daarin. Die koerantpapier moet dalk daagliks vervang word.

Groete --Voyageur (kontak) 16:12, 9 Maart 2010 (UTC)[antwoord]

Washington Monument

Waar kan ek inligting oor Washington Monument kry?

Sien Washington, D.C.. Groete. Anoniem

Hier is twee skakels wat dalk nuttig kan wees:

--Voyageur (kontak) 00:45, 16 Maart 2010 (UTC)[antwoord]

Suossa de Lima geklassifiseer as Afrikaanse digter ???

As mens die bronne wat aangegee word aan die einde van die artikel oor hom, kom dit duidelik uit dat dié man slegs betrokke was by Nederlandse taalsake, dat hy vurig geveg het vir die Nederlandse taal. dat hy slegs in Nederlans geskryf het en dat hy , verwysend na die nuwe afwykings op standaard Nederlands aangehaal word :"wie spreekt zo ?" Nie juis 'n voorspraak of 'n liefde vir die begin van die nuwe Afrikaanse taal nie{Ek glo dat die man hoort onder Nederlandse Koloniale digters , maar beslis nie onder Afrikaanse digters nie..Kallie (kontak) 08:19, 17 Maart 2010 (UTC)[antwoord]

Goeie punt, ek het dit uitgehaal. Die artikel is reg geklassifiseer. Groete. Anoniem

Nuwe sjablone

Hallo almal,

Ek het twee nuwe sjablone bygevoeg na aanleiding van Spesiaal:GesoekteSjablone.

Laat weet assblief as daar probleme met hulle is.

Goete,

Arno (kontak) 13:19, 23 Maart 2010 (UTC)[antwoord]

Wikimania Scholarships

The call for applications for Wikimania Scholarships to attend Wikimania 2010 in Gdansk, Poland (July 9-11) is now open. The Wikimedia Foundation offers Scholarships to pay for selected individuals' round trip travel, accommodations, and registration at the conference. To apply, visit the Wikimania 2010 scholarships information page, click the secure link available there, and fill out the form to apply. For additional information, please visit the Scholarships information and FAQ pages:

Yours very truly, Cary Bass
Volunteer Coordinator
Wikimedia Foundation

REKENAAR SAGTEWARE

Dalk is ek onnosel. Maak nie saak nie. Ek is egter SO moedeloos met myself want ek soek rekenaar sagteware en ek kry niks op die internet nie. Dalk soek ek verkeerd. Ek het Windows Movie Maker op my rekenaar maar dit werk net nie vir my nie. Ek benodig iets beter wat my nie 'n arm en been gaan kos nie. Kan iemand my asseblief help. cosartus@gmail.com.

Hallo. Soek net op google na "Free Video Editing Software". Die eerste drie resultate het almal 'n lys van van 5 of meer opsies. Arno (kontak) 21:19, 29 Maart 2010 (UTC)[antwoord]
Die verstek een in Ubuntu is Avidemux en ek verstaan daar is 'n windows weergawe (en dis vrye sagteware - en gratis ook).--RAM (kontak) 08:01, 30 Maart 2010 (UTC)[antwoord]

Visentering van vroue handsakke

Graag soek ek net raad oor waar ek dalk inligting kan kry oor die visentering van vroue handsakke en mag 'n Sekuriteits Offisier (Man) wel die deursoeking doen?

Dankie,

Martin Joubert

Ek is geen regskenner nie, maar dit klink oneties en moet beslis gerapporteer word. Ek weet wel dat 'n polisieman nie 'n vroulike persoon mag deursoek nie, maar kan 'n vroulike persoon kan aanwys om die deursoeking te behartig. Ek sou argumenteer dat die gebruik teen hoofstuk 2 van ons grondwet indruis: "Elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid gerespekteer en beskerm word." Groete. Anoniem

Eerste letter as 'n kleinletter

Ek probeer 'n paar nuwe bladsye skep oor Apple Inc se produkte. iPod, iPad, iBook ens. Die sjabloon:Kleinletter en sjabloon:Kleinletter_titel werk nie. Wat doen ek verkeerd? Ek het dit vergelyk met die Engelse sjabloon en dit is presies dieselfde, maar werk nie in die Afrikaanse wiki nie. :-(

Afrikaanse Wikipedia groep op Facebook

Ek het 'n Facebook groep gestig vir die Afrikaanse Wikipedia. Ek hoop om daardeur meer Afrikaners te motiveer om deel te neem aan die Afrikaanse Wikipedia. As jy 'n Facebook profiel het kom skakel gerus in.

Die skakel is: http://www.facebook.com/group.php?gid=114175015267510

Daar was reeds een, toe ek nog lid was by Facebook (het my rekening 'n jaar of wat terug opgesê). Anrie (kontak) 06:47, 13 April 2010 (UTC)[antwoord]

OTDR

Het so pas 'n saadjie geplaas - "OTDR" en het dus so pas 'n lat vir my bas gepluk....

Groete--Oesjaar (kontak) 09:40, 14 April 2010 (UTC)[antwoord]

Haai, Oesjaar! Bly om jou terug te sien. Sterkte met die artikel. Anrie (kontak) 09:41, 14 April 2010 (UTC)[antwoord]

Artikeltotaal: 14729... nee, 11958..., nee 7836

Voor jy jou volgende artikel skep, dink aan die volgende: Uit Wikipedia se 14729 artikels is daar

  • 2134 eeu-bladsye (waarvan meeste en en lyk);
  • 394 datumbladsye en
  • 243 dubbelsinnigheidsbladsye.

Daarnaas het ons ook 'n minimum van 4122 saadjies, waarvan meeste lyk, helaas. Daarenteen lyk ons 176 voorbladartikels maar aan die skraal kant.

Moral of the story: brei eerder 'n saadjie/datum-/eeubladsy uit, in plaas van nuwe saadjies skep, as jy daarvoor kans sien. Anrie (kontak) 16:54, 14 April 2010 (UTC)[antwoord]

In die teenpunt, ek dink tog dit is beter om iets te hê, al is dit slegs 'n saadjie-artikel, eerder as niks. Ek stem saam dat die inhoud van artikels baie kan verbeter, maar dit doen seker nie skade om nuwe artikels ook by te voeg nie, of hoe? --Jcgrob (kontak) 11:10, 18 Mei 2010 (UTC)[antwoord]
Jy bly natuurlik vry om soveel saadjies as wat jy wil te skep ongeag ander gebruikers se opinies daaroor. Elke saadjie help die projek om verder uit te brei. Maar, moenie dit daar laat nie, brei so bietjie aan die ander uit ook. Uiteindelik help sin! Groete. Anoniem

Johannes Jacobus Arnoldus Stefanus Kakebenius

Ek sien daar is deesdae al hoe meer mense wat onder al hulle doopname gelys word. Ek het hier geleer jy gebruik net die eerste of noemnaam, of is dit deesdae maar aanvaarbaar? Winston (kontak) 14:12, 17 April 2010 (UTC)[antwoord]

Nee, dis veronderstel om noemnaam/eerste naam + van te wees, tensy daar goeie rede is om dit anders te doen. Anrie (kontak) 14:46, 17 April 2010 (UTC)[antwoord]

Geboorteplek/datum en Sterfteplek/datum

Is dit moontlik dat 'n mens 'n gestandaardiseerde vorm kry van die geboorteplek/datum en sterfteplek/datum van artikels wat handel oor mense. James Hertzog lyk bv. soos volg: (3 April 1866, Wellington - 21 November 1942, Pretoria), Arnoldus Pannevis het nie so iets nie en Francis William Reitz lyk soos volg: (Swellendam, 5 Oktober 1844 - Kaapstad, 27 Maart 1934). Puvircho (kontak) 20:20, 18 April 2010 (UTC)[antwoord]

Dit is sekerlik moontlik om alles te standaardiseer, maar wat gaan ons daarby baat? Strenger reëls sal moontlik nog bydraers afskrik. 'n Vrye ensiklopedie sal steeds 'n wonderlike kreatiewe chaos wees. --Voyageur (kontak) 20:42, 18 April 2010 (UTC)[antwoord]
Ek voeg juis doelbewus slegs die jaartalle in, byvoorbeeld "Jan Smit (1894-1956)" met die orige inligting in 'n inligtingskas, bloot om lees te vergemaklik. Anrie (kontak) 06:14, 19 April 2010 (UTC)[antwoord]
Ek sou dit nie juis beskou as 'n streng reël nie, dit is slegs vir eenvormigheid in artikels. Hoe dan gemaak in die geval van mense wat nie inligtingskaste het nie? Puvircho (kontak) 09:20, 19 April 2010 (UTC)[antwoord]
In sulke gevalle plaas (en ook die met inligtingskaste) sou ek verkies dat die volledige inligting in die afdeling "biografie", "lewensloop", of so verskyn. As mens dink aan die inleiding van 'n onderwerp, byvoorbeeld Leonardo da Vinci, dan is die feite dat hy op 15 April gebore is of in Amboise, Frankryk, gesterf het werklik nie belangrik vir 'n opsommende stuk oor hom nie. 'n Inleiding is juis bedoel om inleidend te wees... Anrie (kontak) 09:34, 19 April 2010 (UTC)[antwoord]
Dit help, dankie. Puvircho (kontak) 10:31, 19 April 2010 (UTC)[antwoord]

Hoe skep 'n mens 'n infoboks?

Kan iemand my dalk help om 'n infoboks te skep vir 'n organisasie? Sien asseblief: http://af.wikipedia.org/wiki/Toastmasters_Internasionaal

--Lewensywer (kontak) 19:20, 20 April 2010 (UTC)[antwoord]

Jou kassie werk, behalwe dat die foto nie wys nie omdat dit nie op die Afrikaanse Wikipedia gelaai is nie. Daar is kopiereg op. Winston (kontak) 20:27, 20 April 2010 (UTC)[antwoord]

Sjabloon:Infobox airport

Please translate this template from english: {{Infobox airport}}. Newone (kontak) 04:13, 23 April 2010 (UTC)[antwoord]

Suid-Afrika = Spogartikel?

Die artikel se inhoud is gebalanseerd tot mens by die einde kom.

Hoekom

  • Bronafdeing vir misdaad?
  • Slegs 3 verwysings?

Kan dit nie dalk verbeter word nie asseblief? Daar is tog meer as net misdaad in Suid-Afrika ... ek weet ek bly hier.

PS : Ek het hierdie ook op die besprekingsblad geplaas.

Arno (kontak) 08:53, 26 April 2010 (UTC)[antwoord]

Jy het groot gelyk, Arno: daar is meerdere spogartikels wat nie werklik verdien om hierdie naam te dra nie. Ek kan steeds nie glo dat hierdie weergawe van "Arktiese Oseaan" as voorbladartikel gekwalifiseer het nie. Dit terwyl die artikel ons meedeel dat "die oseaanbodem word gekenmerk deutr fault-block ridges, diepseevlaktes, ocean deeps, en bekkens".
Die feit dat die ou riglyne geheel en al ignoreer was het grootliks hiertoe bygedra - in prinsiep het iemand 'n artikel genomineer, niemand dit werklik deurgelees nie (en dus ook nie die nominasie teengekant nie) en is die artikel dan as voorbladartikel aangestel indien niemand binne 'n week ('n week!) van die nominasie beswaar aangeteken het nie (ondersteuning van ander gebruikers was ook nie 'n vereiste nie).
Ek sou hoop dat die huidige riglyne 'n goeie filter is, maar op die ou einde van die dag lees steeds min mense artikels werklik deur voordat hulle dit ondersteun. Daarom dat geen artikel aangestel meer word voordat dit nie deur 'n bydraer anders as die outeur/nomineerder geproeflees is nie (en natuurlik aan die vereistes in die riglyne voldoen). Anrie (kontak) 09:09, 8 Mei 2010 (UTC)[antwoord]

Hoe word Menseregte dag en Vryheidsdag in Suid-Afrika gevier

→ Hierdie gesprek is na die Navraagafdeling verskuif.

Dubbelsinnige artikels (meer as een betekenis vir 'n onderwerp)

Ek het onlangs die artikel Termiese straling geskep. Die artikel Straling se inhoud stem min of meer ooreen met Elektromagnetiese straling. Wat is die regte manier om Straling en Elektromagnetiese straling te laat saamsmelt, en dan Straling se inhoud te verander sodat die verskillende onderwerpe van Straling gewys word? Atoom (kontak) 08:57, 7 Mei 2010 (UTC)[antwoord]

Jy kan die inligting van die een artikel na die ander spoeg-en-plak. Dui dit net duidelik in die wysigingsgeskiedenis van beide artikels aan. Groete. Anoniem– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 198.54.206.88 (BesprekingBydraes) gelewer.
Dankie, ek het eerder 'n dubbelsinnige blad geskep. Al drie onderwerpe is wel verskillend. Atoom (kontak) 09:51, 7 Mei 2010 (UTC)[antwoord]

15000 artikels

Atoom het gister die 15000'ste artikel geskep, Chemiese oplossing. Anrie (kontak) 08:31, 8 Mei 2010 (UTC)[antwoord]

Interessant dat die artikel, soos alte veel van sy voorgangers op pad na die luisterryke mylpaal, 'n saadjie is (met twee sinne en 34 woorde). Morne (kontak) 16:59, 8 Mei 2010 (UTC)[antwoord]
Twee wonderlike soet sinne. Welgedaan Atoom! Mag jou artikels die Afrikaanse kuberruimte soos 'n kernsplitsing vul. Groete. Anoniem– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 41.240.167.78 (BesprekingBydraes) gelewer.
Ek het die artikel uitgebrei deur die Engelse artikel te vertaal. Ietwat onseker oor van die terminologie. Dis darem nie meer 'n saadjie nie :-D --Setzor (kontak) 16:38, 12 Mei 2010 (UTC)[antwoord]
Dankie Setzor! 'n Saadjie is altyd 'n goeie begin, en dis wonderlik om te sien hoe mense hulle verder uitbrei! Groete. Anoniem– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 41.240.187.27 (BesprekingBydraes) gelewer.
Ek dink wat Morné bedoel is dat ons 4000+ van hierdie "goeie beginne" het en ongelukkig word die meeste net nooit uitgebrei nie; soos Aldealpozo, wat nou al 2,5 jaar 'n "munisipaliteit in die provinsie Soria in die Spaanse outonome gebied Kastilië en León" is. Sulke artikels benadeel helaas 'n Wikipedia se reputasie. Anrie (kontak) 19:43, 12 Mei 2010 (UTC)[antwoord]
Meeste andertalige wikipedias het daai artikel as 'n een sin saadjie. Dit kan regtig nie hier meer skade aanrig as op die ander wiki's nie. Ek wonder soms of van die groter projekte nie 'n groter verhouding saadjies het nie. Is daar sulke statistieke? Aan die ander kant moet mens ook onthou dat soveel van die saadjies al in pragtige artikels ontwikkel het. Groete. Anoniem– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 41.240.187.27 (BesprekingBydraes) gelewer.
Ons het tenminste 'n ietwat langer artikel oor die provinsie Soria as die meeste ander projekte. Maar wat kan ons oor 'n Spaanse gehuggie met 26 inwoners soos Aldealpozo skryf? En watter Afrikaanssprekende stel daarin ooit belang? Lesers gee nouliks terugvoer oor dinge wat hulle hier graag wil sien. Mense wat graag 'n bietjie Spaanse tekste wil vertaal het nou in elk geval 'n nuwe skakel na die webwerf Castillos de Soria. En ja, Aldealpozo het sy eie kasteel... Ek sien kans vir 'n interessante artikel. Ons het dan egter ook hoofartikels oor die Spaanse geskiedenis ens. nodig. Vrywilligers wat 'n vertaling wil aanpak? --Voyageur (kontak) 21:35, 12 Mei 2010 (UTC)[antwoord]

Nederlandse stede en provinsies

Ek sien daar word nou bietjie aangejaag met die Nederlandse stede en provinsies. Gebaseer op bestaande artikels wil ek die volgende voorstel:

Dis die eenvoudigste manier en gebruikervriendelikste. Daar word baie meer na die stede as hul gelyknamige provinsies, ens. verwys. Anrie (kontak) 15:12, 11 Mei 2010 (UTC)[antwoord]

Ek aanbeveel:
Wikix (kontak) 15:22, 11 Mei 2010 (UTC)[antwoord]
In so 'n geval sal Groningen onnodig 'n dubbelsinnigheidsbladsy moet wees, wat beteken dat die meerderheid lesers wat eerder oor die stad as oor die provinsie wil lees, nog 'n ekstra bladsy moet besoek voor hulle by hul doelpunt kom. (Vir besoekers wat die artikel oor die provinsie wil lees, sal dit nie 'n verskil maak nie, aangesien beide 'n dubbelsinnigheidsblad en die artikel oor die stad bo-aan na die pronvinsie se artikel sal skakel.)
Mense wat dink twee keer kliek is nie soveel moeite nie, het heel duidelik nog nie met 'n plattelandse Telkom-verbinding gewerk nie. Plus dis irriterend om konstant dubbelsinnigheidsblaaie onnodig teë te kom (een van die euwels van die Engelse en Nederlandse Wikipedias). Anrie (kontak) 15:23, 11 Mei 2010 (UTC)[antwoord]

Goed, jy maak:

In so'n geval is 'n dubbelsinnigheidsbladsy nie nodig nie. Wikix (kontak) 15:27, 11 Mei 2010 (UTC)[antwoord]

Waarom gebruik julle "Groningen, stad" of "Groningen, provinsie" ? Op die Nederlandse wikipedia word net "Groningen (stad)" en "Groningen (provinsie)" gebruik. My vraag gaan nie oor die "[...], stad". Waarom nie die "[...](stad)". Nou word daar 2 verskillende maniere gebruik op die Afrikaanse wikipedia. --I90Christian (kontak) 16:31, 2 Januarie 2011 (UTC)[antwoord]

Skrap van Bergen - onnodige dubbelsinnigheidsblad

Ek stel voor dat die dubbelsinnigheidsblad Bergen geskrap en as Bergen (dubbelsinnigheid) herskep word sodat Bergen, Noorweë weer onder die titel Bergen gelys kan word aangesien dit die enigste internasionaal bekende nedersetting met hierdie naam is. --Voyageur (kontak) 16:26, 11 Mei 2010 (UTC)[antwoord]

Hierdie geval is baie minder duidelik as byvoorbeeld Amsterdam en Amsterdam, Mpumalanga. In alle eerlikheid vind ek dat 'n dubbelsinnigheidsbladsy in hierdie geval nie skaad nie, veral aangesien so 'n groot aantal Afrikaners deesdae ook België besoek. Ek sal graag wil hoor wat ander gebruikers hiervan sê. Anrie (kontak) 16:39, 11 Mei 2010 (UTC)[antwoord]
Die dubbelsinnigheidsblad skaad nie, maar moet beperk bly tot al die kleiner nedersettings met hierdie naam en as Bergen (dubbelsinnigheid) verskyn. Ek gaan steeds daarvan uit dat "Bergen" in België in Suid-Afrika feitlik onbekend is. Die Namibiese en Suid-Afrikaanse pers verwys, net soos die res van die wêreld, meestal na Mons (Die Republikein skryf oor die "Slagter van Mons", 'n reeksmoordenaar, en die sportuitslae in Beeld ens. het Parys naas Mons). Dit is twyfelagtig of 'n relatief onbeduidende nedersetting ("onbeduidend" vanuit 'n internasionale perspektief gesien) in 'n moderne ensiklopedie onder 'n naam gelys moet word waarin slegs 'n handjievol Neerlandici moontlik nog belang stel - en probleme skep vir gebruikers wat Bergen in Noorweë graag onder hierdie naam wil vind. Terwyl die groot aantal Afrikaners wat België of ander lande besoek hul reiservarings tot dusver dan ook nog nie deur middel van artikels met ons deel nie - met enkele noemenswaardige uitsonderings. --Voyageur (kontak) 17:56, 11 Mei 2010 (UTC)[antwoord]
Die verwysings na "Bergen" wat ek op die Afrikaanse 'net kon vind dui juis daarop dat dit *nie* feitlik onbekend is nie. Die pers verwys na "Mons" én na "Bergen", net soos hulle na "Munchen"/"München"/"Munich" verwys: terwyl Beeld se sportafdeling miskien "Mons" verkies, skryf die vermaakafdeling oor "Bergen".
Ek dink dus dat dit nie wys sal wees om in ieder geval te begin stry oor wat die stad se naam in Afrikaans moet wees nie - ons weet reeds dat dit "Bergen" is, dus is die vraag of Afrikaners 'n duidelike voorkeur vir die een bo die ander sou hê wanneer hulle in die Afrikaanse Wikipedia na "Bergen" sou soek. Ons kyk dus nié vanuit 'n internasionale perspektief nie, maar vanuit 'n Afrikaanse perspektief.
Ek voel steeds dat die antwoord op die bogestelde vraag "nee" is. Indien dit Bergen in Libië, Afghanistan of Ecuador was, was dit geen probleem nie, maar dit staan soos 'n paal bo water dat daar baie Afrikaners is wat uit België kom of daar familie het (hetsy oorspronklike Belge of expats), soveel so, dat ek nie jou voorstel as voor die hand liggend kan beskou nie. Anrie (kontak) 08:29, 15 Mei 2010 (UTC)[antwoord]

Kategorie aansture

Ek het 'n Kategorie aanstuur-sjabloon gemaak maar dit lyk nie of Wikix daarvan hou nie. Dit word algemeen op ander wikipedias gebruik en ek het gedag dit kan help. Wat dink julle? Reg of weg? Groete. Anoniem– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 198.54.206.87 (BesprekingBydraes) gelewer.

Nie vir oorbodige kategorieë nie. Wikix (kontak) 12:30, 14 Mei 2010 (UTC)[antwoord]
Ek stem gedeeltelik saam. Dit is nie vir foutiewe kategorieë nie, maar wel vir dubbelsinnige kategorieë. Byvoorbeeld: Geskiedenis van Suid-Afrika vs. Suid-Afrikaanse geskiedenis. Net een van die twee kan die regte kategorie wees. Hier is die beskrywing vanaf die Engelse sjabloon: "his tag should be used on existing categories that are likely to be used by others, even though the "real" category is elsewhere. Redirected categories should be empty and not categorised themselves. It should not be used on categories that are misspellings and thus unlikely to be used by other people." Groete. Anoniem– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 198.54.206.87 (BesprekingBydraes) gelewer.


Vrae wat pla

→ Hierdie gesprek is na die Navraagafdeling verskuif.

Soeke na kunstenaar: SG Popoff

→ Hierdie bespreking is na die Navraagafdeling verskuif.

What do you think about monthly articles between 2000 and 2010? If you want, you can translate other-language articles like the english or german ones. By this way you can get 120 new interesting articles. As first step, you can archive the news from Sjabloon:Aktueel by each day. Groete, -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 11:09, 29 Mei 2010 (UTC)[antwoord]

pp-template

Hallo almal.

Ek sien dat sjabloon:pp-template op heelwat sjablone gebruik word. Dit werk nie tans nie. Indien ons die funksionaliteit benodig kan ek probeer plan maak om dit aan die werk te kry. Indien nie kan ons dalk net leë sjabloon bladsye skep sodat dit nie op plekke soos hier onnodig gelys word nie.

Ek verneem graag van julle.

Groete, Arno (kontak) 11:50, 2 Junie 2010 (UTC)[antwoord]

Haai, Arno. Die sjabloon self dien geen ander funksie as om gebruikers in te lig dat die sjabloon gesluit is (nie gewysig kan word) nie. Meeste (alle?) sjablone hier is egter nie gesluit nie, maar die sintaks {{pp-template}} word dikwels oorgekopieer saam met die res van die geslote Engelse sjabloon. In prinsiep kan die sintaks wat die sjabloon oproep dus verwyder word. Anrie (kontak) 13:09, 2 Junie 2010 (UTC)[antwoord]
Dankie Anrie. Ek sal voortgaan om huidige sjablone wat dit gebruik reg te maak. Indien dit later nodig raak vir sjabloonbeskerming dan sal ek die berskermingsjabloon regmaak. Arno (kontak) 09:31, 7 Junie 2010 (UTC)[antwoord]
Dankie vir jou moeite, Arno. Anrie (kontak) 09:39, 7 Junie 2010 (UTC)[antwoord]

Artikelverwydering

'n Paar gebruikers (ook in die verlede) blyk die gevoel te hê dat die Afrikaanse Wikipedia homself meer beperk as ander Wikipedias en dat ons hier artikels meer en vinniger verwyder. Ek voel persoonlik dat een van die grootste voordele van 'n kleiner projek soos hierdie die feit is dat ons die kwaliteit beter kan oorsien en sodoende vinniger ontslae kan raak van onvanpaste artikels. Wat beleid betref is ons definitief nie meer beperkend as ander Wikipedias nie - dis net dat ontoelaatbare artikels uiters maklik op groter projekte kan insluip en dan jare daar bly voordat mense hulle verwyder of omskep.

Ek was egter nuuskierig oor hoe dinge by ander Wikipedias verloop en het dus 'n draai gaan maak:

  • Op die Engelse Wikipedia is in April 2010 'n totaal van 2197 artikels vir verwydering genomineer. Dis 'n omgerekende 26 264 per jaar, of 0,794% van hul artikeltotaal.
  • By die Duitse Wikipedia is in April 2010 'n totaal van 1301 artikels vir verwydering genomineer. Dis 'n omgerekende 15 612 per jaar, of 1,448% van hul artikeltotaal.
  • By die Nederlandse Wikipedia nommer hulle nie die verwyderingsnominasies nie en ek het nie lus gehad om 'n hele maand s'n te tel nie. Ek het wél 'n willekeurige dag gekies (14 April), waarop 41 artikels vir verwydering genomineer is, dus ongeveer 1230 per maand, of 0,203%, maar dis 'n onbetroubare getal.
  • By die Afrikaanse Wikipedia kon 'n gemiddeld slegs verkry word deur al die genomineerde artikels vir 'n jaar te tel, dus het ek Mei 2009-April 2010 gekies. In hierdie jaar is daar 31 artikels vir verwydering genomineer, of (toevallig ook) 0,203% van ons artikeltotaal.

Dus, aangesien ons beleide in prinsiep dieselfde artikels toelaat en ons self 'n kleiner persentasie van ons artikels per jaar vir verwydering nomineer, blyk dit nie dat ons meer beperkend is as die groter Wikipedias nie (ek het nou slegs die in berekening geneem waarvan ek die taal kon verstaan, anders navigeer mens maar moeilik tussen die argiewe). Anrie (kontak) 09:42, 8 Junie 2010 (UTC)[antwoord]

Sou jy verkies dat ons eerder khumbaja sing elke keer as jy iets wat met goeie bedoelings geplaas is (en buitendien herbruikbaar is) verwyder? Ek kan dit slegs ondersteun as al die konstruktiewe opsies uitgeput is. Baai. Ekke– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 41.240.176.18 (BesprekingBydraes) gelewer.
Net omdat iets met goeie bedoelings geplaas is en dit herbruikbaar is, beteken lank nie dat dit vir Wikipedia geskik is nie, anders het ek lankal 'n lang artikel oor myself en my stokperdjies geskryf (met die beste bedoelings) en 'n lys van die beste Italiaanse restaurante in Suid-Afrika (herbruikbaar). Teken asseblief jou bydraes op besprekingsbladsye met vier tildes (dis goeie maniere) en, as jy wil hê dat gebruikers hier jou ernstig moet opneem, sou ek 'n naam kies en daarby hou, i.p.v. elke dag iets anders (maar dis jou keuse). Anrie (kontak) 10:40, 19 Junie 2010 (UTC)[antwoord]
Ek dink jy het die punt effe gemis hier. Met herbruikbaar bedoel ek natuurlik binne al julle reëls. Met ander woorde, nie dit tipe artikels wat gereeld hier vir verwydering gemerk word nie. Bygesê, ek sal my kommentaar teken soos ek wil. Jy betaal my nie en ek is ook nie 'n pion wat jy kan manipuleer soos jy wil nie. As dit jou irriteer moet jy dit maak self regmaak of my verban. Kies self. Soveel vir 'n "vrye" ensiklopedie... Baai.– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 41.240.176.18 (BesprekingBydraes) gelewer.
Sjoe! Rustig aan, soos die Nederlanders sê. My kommentaar rakende jou naam was bloot 'n voorstel, dié dat ek gesê het "maar dis jou keuse". Daar word van bydraers verwag om tydens hulle gesprekke hul bydraes met vier tildes te onderteken: dit voeg nie slegs hul IP-adres/gebruikersnaam by nie, maar ook die datum en tydstip van die kommentaar, sodat dit nie later uit konteks gelees word nie. Bowendien is dit goeie maniere om nie ongetekende besprekings te plaas nie. Dit kan nouliks as "moeite" beskryf word om dit te doen, maar uiteindelik dra dit tot die gesprek by. Verder het niemand geïnsinueer dat jy 'n pion is nie. Anrie (kontak) 12:42, 19 Junie 2010 (UTC)[antwoord]
Nou los my handtekening hier uit en moenie verder aan my neuk nie. As hier nie so baie misoeste was nie sou ek selfs my regte naam gebruik het. Baai. Ekke– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 41.240.176.18 (BesprekingBydraes) gelewer.
Let asb. dat jou kortaf opmerkings en gebruik van woorde soos "misoeste" en "neuk" as onbeleefd ervaar word. Selfs al stem gebruikers nie saam oor iets nie, kan mens besprekings plesierig hou deur mekaar op 'n respekvolle wyse aan te spreek. Anrie (kontak) 14:07, 19 Junie 2010 (UTC)[antwoord]
Herinner ons net gou, wie het met die persoonlike aanval begin? As die skoen pas, trek hom aan.– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 41.240.176.18 (BesprekingBydraes) gelewer.

(uitgekeep vir leesbaarheid)Sover ek bewus was het ek jou nog nooit persoonlik aangeval nie, maar jy is welkom om dit uit te wys as dit wel gebeur het. In elk geval is ek jammer dat jy dit so opgeneem het. Anrie (kontak) 14:29, 19 Junie 2010 (UTC)[antwoord]

Nou ja, ek kon seker meer takt aan die dag gelê het. Verskoning is aanvaar, maar my handtekening is steeds nie oop vir bespreking nie. Groete. Anoniem– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 41.240.176.18 (BesprekingBydraes) gelewer.
Dis nie vir jou om te bepaal wat oop is vir bespreking nie. Veral nie iemand wat nie eers sy kommentaar wil teken nie. Groete hansjoseph (kontak) 12:56, 20 Junie 2010 (UTC)[antwoord]
Nou toe nou! Hier is nog 'n kommentaar om jou oor op te werk. Dit het natuurlik steeds niks met die onderwerp te doen nie, maar moet asseblief nie dat dit jou terughou nie. Lekker middag verder. Steeds-sonder-handtekening– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 41.240.172.180 (BesprekingBydraes) gelewer.
Aitsa ... maar die mense is lewendig! As ek net my (ondertekende) stukkie kan byvoeg. Tydens gesprekke is dit gewoonlik goeie maniere om jou naam (selfs al is dit 'n skuilnaam) by te voeg. Dit help darem om jouself te kan verbeel jy voer 'n gesprek met 'n persoon. Dit bly egter steeds vrywillig, niemand sal jou dwing om dit te doen nie. Daar is wel die effek van familiariteit : Indien jy jou kommentaar onderteken (selfs al is dit 'n skuilnaam) help jy jouself om aansien in die gemeenskap te vestig. "Jy kan jou stem begin dik maak". Indien jy anoniem bly (ek gaan nie elke keer probeer sien of jou IP-adres dieselfde is as die vorige plasing nie) dan gaan mense net 'n beperkte gewig aan jou kommentaar koppel. Maar dis steeds vrywillig. "Vrye"-Ensiklopedie se idee is dat enige een konstruktief kan bydra, maar om dit te bewerkstellig moet daar kontrole uitgeoefen word op watter bydraes as "konstruktief" beskou word. Dus dan ook die "vrye" verkiesing van administrateurs en burokrate wat dan namens die gemeenskap orde handhaaf. So ja ek sing "kumbaja" elke keer as enige admin (as vrywilliger in hul vrye tyd) hulle deel doen om die ensiklopediese inligting op goeie standaard te hou. Groete vir sproete en dankie aan almal vir hul harde (vrye) werk. NS: Anrie, ek stem saam dat ons tans op die regte manier (en teen 'n gepaste tempo) artikels verwyder. Arno (kontak) 14:02, 1 Julie 2010 (UTC)[antwoord]
Interessante opinie. Ek het wel rekeninge hier, maar anonimiteit is soveel meer pret. Dit gee nuwe dimensies aan 'n gesplete persona. Jy kan (binne perke) bietjie stout wees, of die goeie seuntjie speel soos jy in jou boodskap gedoen het. En die beste: as jy iemand anders wil wees, skakel jy eenvoudig jou "router" af en aan en siedaar - 'n nuwe IP-adres waaroor mense hulself van voor af kan opwerk! Baai. Anoniem-met-'n-gebruiker

Portale

Ons het so ruk terug gesit en stry oor portale, waaruit dit 3 vir en 2 teen is. Ek het aangeneem dat die mense ten gunste van portale meer sou gaan uitvind oor hoe mens dit hier kan oprig, maar, tensy ons slegs nie van hul ervarings vertel is nie, neem ek aan niemand het nie.

Die twee teen was ek en Alias. Alias is nou weg en ek voel self dat met die nodige riglyne dit nie die einde van die wêreld hoef te wees nie. Ek het reeds 'n paar maande gelede begin rondsnuffel oor waar mens dit moet aanvra en vanoggend uiteindelik 'n antwoord gekry. By my versoek moet ek egter meld dat daar konsensus is oor die ingebruikneming van portale, dus wil ek maar net vinnig hoor of daar enige nuwe gebruikers is wat nié ten gunste is daarvan nie.

Tweedens, met 'n ogie op die riglyne, voel ek dat die volgende belangrik is:

  • Vooraf goedgekeurde afdelings wat 'n portaal mag bevat, om te keer dat dit nie 'n aanhangerswerf word nie. (Met "afdelings" dink ek nou aan dinge soos "inleiding", "spogartikel", "spogbeeld", 'n "to-do" lys, ens., en dus liewer nie "my gunsteling artikels oor onderwerp X" nie.)
  • Reëls soos neutraliteit ens. wat vir artikels geld, geld ook vir portale.
  • Alle weergawes van 'n portaal behoort 'n oorspronklike "statiese" weergawe te hê, met ander woorde, 'n weergawe wat nie sal verouder nie, dus geen "aktueel"-afdeling of iets dergeliks nie. Indien 'n portaal nie opgedateer word in (sê maar) 2 maande nie, dan kan die statiese weergawe altyd die uitgedateerde weergawe vervang.
  • Enige gebruiker wat 'n portaal oprig is dan ook verantwoordelik vir die instandhouding/opdatering daarvan (let wel: verantwoordelik daarvoor, nié die "eienaar" daarvan nie).
  • Ons moet ook 'n duidelike reël maak vir wat vir 'n portaal kwalifiseer en wat nie. Ek voel dat ons voorkeur aan "hoofvlak"-onderwerpe moet gee, dus eerder "Suid-Afrikaanse kunstenaars" as "Johan Stemmet".
  • 'n Ko-ordinasieblad waarop alle portale gelys word, saam met die gebruiker wat verantwoordelik is daarvoor.

Graag wil ek diegene wat ten gunste van portale is uitnodig om 'n stel riglyne op te stel (kyk gerus na die riglyne van ander WP's, maar onthou om dit so te wysig dat dit op die Afrikaanse Wikipedia van toepassing is). Portale wat nie aan die riglyne voldoen nie, kan vir verwydering genomineer word (die laaste ding wat ons nodig het is sleg deurdagte bladsye wat hier lê en stagneer en afbreuk doen aan die ensiklopedie). Anrie (kontak) 10:00, 8 Junie 2010 (UTC)[antwoord]

Anrie, dankie vir jou belangstelling in hierdie kwessie. Ek dink dat portale moontlik 'n aanwins vir hierdie projek sal wees, aangesien dit belangrike artikels verwant tot 'n breër onderwerp byeen bring en 'n area skep waar toegewyde besprekings aangaande die toestand van daardie familie artikels kan plaasvind. Volgens my sal dit veral bydraes van gebruikers lok wat hoofsaaklik in een onderwerp belang stel en sal die toegewyde portale hulle sodoende motiveer om aan die verwante artikels by te dra en aan die relevante besprekings deel te neem. Ek het egter in die verlede al naïewe voorspellings gemaak en ek moet sê dat alhoewel ek elke bydrae tot die projek waardeer, die Afrikaans-talige publiek nog nooit daarin gefaal het om my verwagtinge te ondertref nie, wat hul betrokkenheid by Wikipedia betref. Wat ek probeer sê, is dat ek dink portale 'n goeie idee is, maar dat die moontlike aanwins tot die projek beperk mag wees. Is dít hoekom sommige gebruikers teen die instelling van portale gekant is? Kan jy ons asb. van die skakels voorsien waar die ou besprekings rondom die portale plaasgevind het en waar die konsensus bereik is, asook waar gebruikers nou tot die skryf van die nuwe riglyne kan bydra? — Adriaan (Bespreking • Bydraes) 16:28, 16 Junie 2010 (UTC)[antwoord]
Haai, Adriaan. Jy kan die vorige gesprek hier lees (geselshoekie-argiewe). Enige riglyne kan seker by Wikipedia:Portale of Wikipedia:Portaalriglyne geplaas word. Ek het so 'n week gelede begin om dié van die ander Wikipedias te vertaal, maar danksy 'n tegnologiese blaps het ek dit verloor. Anrie (kontak) 07:47, 19 Junie 2010 (UTC)[antwoord]
Klink my of julle eerder mense wil afskrik as om hulle te help om geordende portale te skep. Hoekom kan mense wat portale wil oprig en/of in stand hou dit nie maar net doen nie? As riglyne nodig is kan dit mos maklik (en soos benodig) vanaf 'n ander wikipedia oorgeklank word. Sekere portale sal van nature relatief staties wees (glad nie die einde van die wêreld nie). Elke portaal kan mos op eie tyd bygewerk word - daagliks, weekliks, maandeliks, jaarliks of wat ook al. Baai (Adriaan, onthou om my IP-adres hier by te tik - dankie boet!)– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 41.240.176.18 (BesprekingBydraes) gelewer.
As mense maak soos hulle wil, kry mens chaos. Voorkoming is immers beter as genesing - mens bespaar jouself baie frustrasie as jy vooraf konsensus bereik op riglyne, waarna mens dan kan verwys, as wat jy agteraf skielik moet gaan soek vir reëls wanneer daar aangejaag word. Portale kan inderdaad op hulle eie tyd bygewerk word, maar 'n Suid-Afrikaanse portaal wat teen Mei 2011 steeds die Sokkerwêreldbeker onder "Aktueel" het, doen afbreek aan die ensiklopedie. Anrie (kontak) 07:47, 19 Junie 2010 (UTC)[antwoord]
Oorregulering verjaag bydraers. As mense nie kan "maak soos hulle wil" nie sal niemand ooit hier bydrae sonder betaling nie. Solank mense ordelik en opbouend "maak soos hulle wil" is geen sulke riglyne nodig nie. Dit is veral in die begin eerder nadelig as voordelig. Ek weet julle stel nie regtig in my opinie belang nie, so julle moet maar maak soos julle smaak. Baai. (Adriaan se spasie)– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 41.240.176.18 (BesprekingBydraes) gelewer.
Dit maak dit makliker vir ander gebruikers om jou bydraes na te gaan en om jou IP-adres se besprekingsbladsy te bereik. — Adriaan (Bespreking • Bydraes) 18:01, 16 Junie 2010 (UTC)[antwoord]
Jy is reg. Ons almal doen maar wat ons moet. Weet net die hoekom die dêm ding elke paar dae verander nie. Baai. (doen jou ding)– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 41.240.176.18 (BesprekingBydraes) gelewer.

Ek is nou al 'n jaar lank verantwoordelik vir die instandhouding van die Duitse Wikipedia se portaal oor Litaue en baie tevrede daarmee. Portale bied vir lesers 'n maklike en vinnige toegang tot alle hoofartikels en ander inligting met betrekking tot 'n bepaalde vakgebied of onderwerp - regstreeks vanaf die tuisblad.

Die probleem met portale lê myns insiens meestal nie soseer met riglyne of gereelde hersiening nie (ek loer daagliks in op "my" portaal soos daar van my verwag word), maar met die uitleg, informatiewe inhoud en redaksionele bydraes. Elkeen het sy eie voorkeure en afkeure...

Daar is dus nog klein probleempies hier en daar. Moontlik is die Litause portaal vir sommige gebruikers al te lank. Persoonlik hou ek egter eerder van 'n bietjie afrolwerk op die webblad as van 'n kort blad waar honderdtalle skakels dig bymekaar ingevleg word. Aangesien die enigste gereelde Litause bydraer 'n regsgeleerde is, het die aantal skakels na regsverwante onderwerpe intussen te groot geraak sodat ek dit 'n bietjie aangepas en verkort het.

Dan is daar ook steeds weer portale soos dié oor Letland wat in 'n betreurenswaardige toestand verkeer (slegte uitleg, geen tegniese instandhouder nie). Moontlik sal ek daarna moet omsien.

Anders as wat ek sou verwag het, toon juis Duitsers, Noord- en Oos-Europeërs groot belangstelling in ons taal en kultuur en dus ook in ons projek, al het min van hulle voldoende Afrikaanse taalvaardigheid om hier te kan bydra. Die Afrikaanse Wikipedia se uitgebreide artikels oor Russiese, Poolse, Duitse, Litause, Noorse, Sweedse onderwerpe ens. kry al positiewe reaksies - hierdie lande is dan ook moontlik gepaste kandidate vir ons eerste portale (net soos sterrekunde en ander vakgebiede waar ons reeds genoeg artikels het wat in 'n portaal versamel kan word). Mits ons die projek doelbewus uitbou en verbeter, dra ons met ons beskeie middele 'n duidelike boodskap vir Suid-Afrikaners, Namibiërs en mense in oorsese lande oor: Afrikaans kan maklik as tweede of verkeerstaal aangeleer word, is dikwels 'n meer gepaste medium as Engels vir kommunikasie met buitelanders wat al kennis van Duits of Nederlands het, en sal op enige gebied met Engels of ander tale kan meeding. --Voyageur (kontak) 00:11, 24 Junie 2010 (UTC)[antwoord]

Ek het geen probleem dat ons portale begin skep nie en ek voel as volg oor van die sake genoem:
  • Ek dink portale sal waarde toevoeg tot ons Wikipedia
  • Ek stem ook saam dat die "riglyne" nie te streng moet wees nie, maar dat daar wel riglyne moet wees.
  • Portale moet net soos artikels vir verwydering gelys kan word
  • Portale moet asb nie "nuusblaaie" word wat elke dag/week opgedateer moet word nie, hierdie is egter 'n ensiklopedie.
Groete, Arno (kontak) 14:33, 1 Julie 2010 (UTC)[antwoord]

Google street view for SA!

Google street view is now available for South Africa! Pretty much all the major cities plus the hoofstrate van kleiner dorpies are included. (however Pofadder is not included :-() Ben Bezuidenhout (kontak) 13:36, 8 Junie 2010 (UTC)[antwoord]

Ag, nou't ek 'n heerlike reis terug in die tyd geneem, alhoewel sommige plekke al baie verander het. Anrie (kontak) 13:55, 8 Junie 2010 (UTC)[antwoord]

Internetoplossings (advertensie)

'skuus Dat ek so adverteer. Ek wil net met die gemeenskap deel dat daar tans 'n baie goedkoop opsie op die mark is om aan die internet te verbind as jy 'n telefoonlyn het. By Axxess kan jy vir R19 per maand 1 GB toegang kry (jy kan natuurlik meer koop). Ek het gister vir my so 'n gigagreep aangeskaf en dit was 'n baie vinnige proses — hulle benodig net jou kredietkaartbesonderhede en jy is binne 'n minuut aan die net verbind. Dan is daar ook Afrihost wat 1 GB vir R29 per maand aanbied — maar elke maand het hulle 'n "koop een, kry een gratis"-promosie, wat die prys van 1 GB dus op R14.50 te staan bring (verkieslik vir mense wat baie gaan aflaai). Die enigste struikelblokkie by Afrihost is dat hulle benewens jou kredietkaartbesonderhede ook 'n afskrif van jou ID benodig. Jy neem 'n foto van jou ID en SMS dit na die nommer wat hulle jou verskaf — so dit duur effens langer voor jy aan die net verbind, maar dit is nietemin 'n goedkoop en relatief maklike manier van verbind. Ek het hierdie produk vir so paar maande sonder probleme gebruik, so ek kan dit ook aanbeveel! Ek hoop dis van enige hulp aan diegene wat tans R80 per GB betaal! — Adriaan (Bespreking • Bydraes) 19:02, 22 Junie 2010 (UTC)[antwoord]

Vir jou straf sal jy ten minste 5 nuwe Internet verwante artikels moet skep :-) Groete. Anoniem– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 41.240.172.180 (BesprekingBydraes) gelewer.
Goeie idee! — Adriaan (Bespreking • Bydraes) 19:10, 22 Junie 2010 (UTC)[antwoord]
Vestig julleself in Letland, Litaue of Estland, betaal minder en kry meer! ;) Al word mens hier in die noordooste nog deur resessie, werkloosheid en hoë emigrasiesyfers gepla (Jurgis, kom huistoe!), spog ons met van die beste breëbandinfrastruktuur en hoogste aflaaispoed ter wêreld:
Latvia has fastest broadband in EU --Voyageur (kontak) 00:37, 24 Junie 2010 (UTC)[antwoord]

Photo request: Airways Park, South African Airways HQ, Jo'burg

Hello! I have a photo request asking for an image of Airways Park, the South African Airways head office on the grounds of OR Tambo Airport in Johannesburg, South Africa, so the South African Airways article can have photos of the airline's head office.

This Google Maps View shows where the building is, and what it looks like. You can use a similar camera angle, as long as you capture the SAA logo on the building somehow.

Thank you, WhisperToMe (kontak) 00:38, 27 Junie 2010 (UTC)[antwoord]

Spelfout op wikipedia

Hoekom staan daar by die logo, Wikipedia en nie Wikipedië nie?, sal dit nie baie meer Afrikaans klink nie, ons gebruik tog nie daardie "IA" klank nie.

Wikipedia is 'n eienaam van die oorkoepelende organisasie. Indien dit na Afrikaans vertaal sou word dink ek dit sou eerder Wikipedie (enkelfout) wees. Tans blyk die besluit te wees dat ons die eienaam hou maar dit is sekerlik oop vir verdere bespreking ... Arno (kontak) 10:58, 12 Julie 2010 (UTC)[antwoord]
Bietjie van die os op die jas. Kan 'n mens nie dalk die term bykomende tyd gebruik by die In die nuus-hokkie op die voorblad eerder as ekstra tyd nie (die punt op die stiplys van Spanje en Nederland in die eindstryd)? Dit val vir my beter op die oor. Puvircho (kontak) 11:07, 12 Julie 2010 (UTC)[antwoord]
Ek sal baie graag met jou daaroor wil debateer Arno, jy sien, indien Wikipedia 'n eienaam is soos jy tans sê dan sal Wikipedië die regte terme wees, maar indien dit 'n soortnaam is dan sal Wikipedie die regte een wees.
2 voorbeelde hoekom ek so sê, ons het nie die ia klank in Afrikaans nie, nou ja,
California word Kalifornië
Australia word Australië
Rhodesia word Rhodesië en daar is talle ander voorbeelde van eiename.
Maar nou ja as ons na
kinderensiklopedie of
ensiklopedie Britanje gaan kyk dan is die alles soortname.
Daar is tog nie 'n soort wikipedia nie.
Maar in elk geval dit maak seker nie saak nie, ek sal baie graag verkies om die eienaam te verAfrikaans en Wikipidië of Wikipedië (afhangendewatter spelling meer korrek mag wees) is baie meer glad op die tong as wikipedie.
N.S. Ek ding die regte terme i.p.v bykommende tyd is beseringstyd (soos dit altyd in Rugby genoem was, voor hulle dit geskrap het)
Groete,
--Zulgin (kontak) 11:35, 17 Julie 2010 (UTC)[antwoord]
"Wikipedië", of dit nou 'n soortnaam of eienaam is, dui op meervoud - die verafrikaanste vorm sal "Wikipedie" wees (samesmelting van "wiki"+"ensiklopedie"). "Wikipedia" is 'n eienaam, gekies deur die stigters. Ek weet nie of dit moontlik of wys is om dit in hierdie laat stadium te verander nie (sou in elk geval nie sonder goedkeuring van die stigting kan gebeur nie). Ons staan nou al byna nege jaar as "Wikipedia" bekend, dus sou ek 'n naamverskuiwing nou slegs verwarrend vind. Anrie. 145.102.11.203 10:31, 19 Julie 2010 (UTC)[antwoord]
Daar is 'n verskil tussen beseringstyd en ekstra of bykomende tyd in sokker. Ekstra tyd is 'n ekstra halfuur wat gespeel word in wedstryde sonder 'n wenner as daar 'n wenner moet wees, ongeag of daar beseringstyd was of nie. Winston (kontak) 17:50, 19 Julie 2010 (UTC)[antwoord]

omrede spelling van die woord "game"

Ek wil graag weet by julle of die woord Gheim/Game al aanvaar is as 'n leenwoord in Afrikaans of praat ons nog steeds van 'n spel?

Ek moet bieg ek het nog nooit van 'n gheim gehoor nie. Gebruik eerder rekenaarspeletjie, speletjie of spel. En as jy regtig moet, gebruik "game" (tussen aanhalingstekens) om aan te dui dit is nie 'n Afrikaanse woord nie. Groete. Anoniem
ek het hom al 'n paarkeer aanlyn gehoor en gewonder of dit maar net 'n persoon is wie probeer om sy woordeskat te verafrikaans of net eenvoudig nie kan spel nie, maar baie dankie
Groete,
Zulgin (kontak) 08:37, 19 Julie 2010 (UTC)[antwoord]

Vertaalhulp verlang

Is hier dalk persone wat bereid is om te help om 'n aanlyn-speletjie in Afrikaans te vertaal? Dit is gratis en maklik en dra by om Afrikaans op die internet te bevorder - registreer by hier en sit skouer aan die wiel! Vele hande maak ligte werk. By voorbaat baie dankie. Graaf (kontak) 15:53, 21 Julie 2010 (UTC)[antwoord]

Ek hou van die "verifieer" stelsel wat hulle gebruik. Nie so seker oor die tydlimiet wat hulle daaraan koppel nie, dit kan onnidige ekstra werk veroorsaak. Het darem al so paar bydraes gemaak. 146.232.75.208 09:45, 23 Julie 2010 (UTC)[antwoord]

Baie dankie, dis 'n baie groot projek, so elke bietjie hulp word waardeer!Graaf (kontak) 18:10, 23 Julie 2010 (UTC)[antwoord]


ek sal met graagte help, ek wou al lankal speletjies soos dota vertaal het, as die duitsers en franse dit kan reg kry hoekom dan nie ook ons nie ?

Zulgin (kontak) 19:10, 23 Julie 2010 (UTC)[antwoord]

Die Afrikaanse vertaling is nou 7% voltooi en daar lê nog 'n berg werk voor. Indien daar dalk nog 'n paar hande gevind kan word sal dit 'n reuse-verskil maak! Indien u nie hou van vertaling nie, kan u die vertaalwerk verifieer en regmaak, want geen vertaalde stukkie word gepubliseer voor dit nie deur drie geregistreerdes geverifieer is nie. By voorbaat dankie.Graaf (kontak) 22:01, 1 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]


Afrikaans is 15% voltooi en het sopas vir Serwies verbygesteek in die 6de plek van onvoltooide projekte. Asseblief mense, as nog so 5 Afrikaanssprekendes net 5 stukkies op 'n dag vertaal, haal ons Roemeens binne 'n week in en voltooi sommer die projek ook tjoef-tjaf. Moenie bang wees u maak taal- of spelfoute nie, elke vertaling word eers bevestig of reggestel en u is mos welkom om 'n skuilnaam te gebruik. Graaf (kontak) 10:00, 7 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]
Afrikaans is nou op 4de plek 33% klaar, nog so paar hande en ons steek die spanjaarde ook verby verby, as u net so 4-5 in u vrye tyd kan help vertaal of bevestig wanneer dit pas dan gaan alles baie vinniger.Zulgin (kontak) 11:17, 15 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]
Mense, die stryd is halfpad klaar gepak, Afrikaans staan op 50%, as ons elk so paar per dag doen dan gaan dinge vinniger gebeur, kom ons pak hom verder aan. Zulgin (kontak) 17:36, 26 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]

Insane Clown Posse

(en:Insane Clown Posse)

Insane Clown Posse, Groete. Anoniem

Kan iemand asseblief kyk na die (slegte) vertaling?

Can someone please have a look at these articles? My command of Afrikaans is very limited and for now I can only contribute using a translator and a dictionary. Dankie! --Jewbask (kontak) 16:43, 26 Julie 2010 (UTC)[antwoord]

Ek het die Haifa artikel se Afrikaans reg gemaak, maar is nie honderd persent seker van die Afrikaanse stadsname nie, ek sal dit waardeer as iemand dit kan verbeter a.s.b. Zulgin (kontak) 19:55, 26 Julie 2010 (UTC)[antwoord]

Skoolartikels

Daar word vandag deur 'n/die anonieme gebruiker 'n aantal artikels geskep wat vraagtekens meebring:

  • Skoolartikels wat nie noem waarom die skole ensiklopedies relevant sou wees nie (met verwysing na onafhanklike, 3de-party bronne). Dit is in meeste gevalle ook nie duidelik of die teks van die skoollied wel in die publieke domein val nie.
  • Lyste van skole in (dele van) SA wat geen ensiklopediese nut het nie, maar eerder 'n witbladsy-funksie het (soortgelyke lyste is in die verlede ook om dié rede verwyder).

Aangesien die skepper nie 'n gebruikersblad het waar ek hom/haar kan kontak nie, opper ek my besware hier. Anrie (kontak) 12:55, 27 Julie 2010 (UTC)[antwoord]

Goed jy noem dit. Ek sal onmiddelik ophou om my tyd te mors. Skrap asb. al die bladsy wat ek vandag geskep het. Baai. Anoniem
Die bladsye is nie geskrap nie? Ek is nie seker of hulle verder ontwikkel mag word en of hulle nou maar so moet bly nie. nog-'n-anoniem
Verwyder, maar iemand sal mettertyd in daai kategorie moet inklim en skoonmaak. Daar is baie skole wat geen aanspraak hoegenaamd op ensiklopediese noemenswaardigheid maak nie. Anrie (kontak) 10:25, 28 Julie 2010 (UTC)[antwoord]
Ja-nee, hier is nog duisende artikels met minder inligting wat jy ook asb. van ontslae moet raak. Net jammer jy verwyder hulle nie ook op die Engelse Wikipedia nie. Dit skep die indruk dat die werf maar net nog 'n plek is waar Afrikaans onderdruk word. Die artikels moet asb orals verwyder word. Sal jy asb. daarvan werk maak?
Waarom steek jy nie jou sarkasme in jou sak, en besoek eerder die biblioteek vir navorsing oor een van die talle onderwerpe waarvoor ons nog artikels kort of waarvan die huidige artikels jammerlik min inligting bevat nie? Of die onderwerp nou Afrikaans is, van D.F. Malherbe tot André P. Brink, Suid-Afrikaans, van Bartolomeus Dias tot Zackie Achmat, geskiedkundig, van die Middeleeue tot die Verligting, aardrykskundig, van die Gobi-woestyn tot die Suez-kanaal... die lys is velle en velle lang, dus kan ek nie verstaan dat jy nie eerder op sulke, meer gesogte en ensiklopediese onderwerpe fokus nie. Anrie (kontak) 13:06, 28 Julie 2010 (UTC)[antwoord]
Ek is nie seker hoekom jy nou die onderwerp verander nie. Ek het tog al honderde sulkes ook geskep. Wat ek wel mee 'n probleem het is dat meeste van my onlangse artikels ook Engelse ekwivalente het. As hulle nie op wikipedia hoort nie, hoekom word net die Afrikaanse weergawes verwyder? Hoeveel sogenaamde wit-lyste is hier nie? Hoekom skrap jy hulle nie almal nie? Die inkonsekwentheid vang my. Baie van die artikels is as saadjies gemerk, tog het jy reeds besluit dat hulle nie Ensiklopedies is nie (ek kon verwysings bygesit het). Besef julle nie dit skaad die projek nie? Is dit die rede hoekom die Afrikaanse wiki nie regtig van die grond af kom nie? Maar nou ja, gelukkig is die Internet groot, ek sal my sarkasme hopenlik elders meer produktief kan aanwend.
Ek het nie die onderwerp verander nie, maar ek laat dit vir nou eers daar (maar ek sal graag wil sien watter "honderde" jy geskep het wat uit meer as 'n paar sinne bestaan). Wat die Engelse ekwivalente betref: daar is baie strooi op die Engelse Wikipedia - meer as baie: BAIE. Omdat dit so 'n groot projek is word die meeste daarvan egter nooit of eers baie laat in hul bestaan opgespoor. Ek bemoei my nie met die artikels daar nie, my passie is vir Afrikaans, dus werk ek by die Afrikaanse Wikipedia.
Ja, hier is ook baie artikels wat geskrap moet word. Hoekom skrap ek nie almal nie? Dis nie my werk alleen om artikels te kontroleer nie, maar elke gebruiker hier s'n: dis net so veel my verantwoordelikheid as joune (jy kan miskien nie artikels skrap nie, maar jy kan hulle wel vir skrapping merk). Maar dit is natuurlik 'n vrywilligersprojek, dus kan daar nie verwag word dat ek, jy of enige iemand anders vandag, môre, hierdie maand of selfs hierdie jaar ál die artikels deur gaan en die ongeskiktes skrap nie. Soos ek (of enige ander gebruik) iets opmerk, noem ons dit en verbeter, verander of verwyder ons dit. Daarnaas spandeer ek self ook liewer tyd aan die skep van nuwe artikels of die uitbreiding van bestaande artikels, wat beteken dat ek soms liewer daarop sal konsentreer as die patrollering van ander se bydraes.
Net omdat 'n artikel as 'n saadjie gemerk is, beteken dit nie dat die ensiklopediese relevansie (gepaard met gesaghebbende bronne) nie vereis is nie: inteendeel. Toe ek met die gesprek begin het deur te noem dat die artikels geen aanspraak op ensiklopediese relevansie maak nie, toe vra jy dat ek hulle skrap. Noudat ek dit gedoen het, sê jy "ek kon verwysings bygesit het". Jy is verkeerd dat dit die projek skaad - iemand wat Wikipedia wil gebruik om inligting oor 'n onlangse nuusgebeurtenis, 'n woordeboekdefinisie of die adres van 'n plaaslike skool op te soek (ek noem nou slegs lukrake voorbeelde), is by die verkeerde projek.
Maar om 'n groter probleem te benader: dikwels as ek (of iemand anders) 'n probleem met een van jou bydraes raaksien, reageer jy sarkasties en kortaf, soveel so, dat daar (vir my gevoel) nie werklike afronding aan die gesprekke is nie, m.a.w. ek glo nie jy verstaan waar jou fout was nie (dit voel vir my asof jy oor die algemeen glo dat dit die ander persoon se skuld was of dat hy/sy eerste oortree het). Eerlik gesê vind ek hierdie ietwat eensydige pogings tot kommunikasie met jou frustrerend en uitputtend en is dit een van die redes waarom ek tans baie minder hier bydra. Dit terwyl ek glo dat ons beide na dieselfde doel werk en dit dus vir my raaiselagtig is dat jy soms so onvriendelik optree. Anrie (kontak) 13:52, 28 Julie 2010 (UTC)[antwoord]
Sjoe, jy het nou sommer 'n mondvol twak kwytgeraak. Hoe verweer mens jouself daarteen? Ek stel voor ons fokus op die probleme eerder as om so persoonlik te raak (een van jou karaktereienskappe waarvan ek niks hou nie, maar ja, ons los dit daar). Kan ons die riglyne ter sake lys (as hulle bestaan), dan bespreek ons die verskil in interpretasie en toepassing tussen die wiki's?
Ek neem dus aan jy stel nie daarin belang om die geskil te besleg nie? Indien wel, is jy welkom om my op my besprekingsblad te kontak. Anders laat ek dit dan ook maar daar, buiten om jou weereens te vermaan om beleefd teenoor ander gebruikers op te tree (sarkasme en opmerkings soos "jy het nou sommer 'n mondvol twak kwytgeraak" is onbeskof).
Ek sal in die toekoms individuele artikels se probleme op hulle besprekingsbladsye lys, met verwysings na die nodige beleide. Anrie (kontak) 09:19, 29 Julie 2010 (UTC)[antwoord]

Ek moet sê dit ontmoedig my ook bietjie wanneer artikels links en regs uitgevee word want ek weet nie wanneer het die goed wat ek bydra ensiklopediese waarde nie. Miskien wil mense net kyk in watter jaar 'n skool gestig is, dan is Wikipedia (na Google) 'n logiese opsie vir enige internetgebruiker. Ek sal graag bydraes wil lewer oor goed wat vir my interessant is, nie net omdat daar 'n artikel oor Zackie Achmat kort op die Afrikaanse weergawe van Wikipedia nie. 'n Ander anonieme bydraer. 9:57, 29 Julie 2010 (UTC)

As jy vrae het oor watter onderwerpe nou wel 'n artikel verdien en watter nie óf jy voel dat van jou bydraes onregmatig geskrap is, is jy welkom om my op my besprekingsblad te kontak. Verder kan ek jou ook na die volgende bladsy verwys: Wikipedia:Ensiklopediese relevansie. Ek is seker dat daar meer as genoeg geldige onderwerpe in jou belangstellingsveld is om jare met plesier hier by te dra. Laastens raai ek enige ernstige bydraer aan om 'n gebruikersrekening te skep en nie anoniem te bly nie. Anrie (kontak) 09:19, 29 Julie 2010 (UTC)[antwoord]
Die dispuut kan maklik opgelos word: Die meeste Afrikaansmediumskole het waarskynlik hul eie webtuiste wat alle benodigde inligting reeds aanlyn en in Afrikaans verskaf - hulle beskik ook oor media soos foto's wat ons hier nie kan publiseer nie. Skole wat 'n belangrike rol in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse onderwys gespeel het of steeds speel, kwalifiseer vanselfsprekend vir 'n eie artikel vanuit 'n neutrale standpunt.
Alle ander onderwysinstellings kan vir eers maklik in die artikels van die betrokke nedersettings genoem of behandel word - dit is wenslik dat die kulturele lewe van Afrikaanssprekendes hier volledig gedokumenteer word. Ander plaaslike taalgemeenskappe is natuurlik eweneens welkom om hier by te dra - anders as die Amerikaans-Engelse uitgawe van Wikipedia het ons hier 'n projek wat in sekere opsigte eksklusief Suid-Afrikaans en Namibies kan wees. Daarnaas is elke artikel, riglyn, maatreël, beleid ens. wat Afrikaans as nasionale en internasionale verkeerstaal bevorder welkom. Siende dat die aantal Afrikaansmediumskole redelik beperk is, sal ons steeds kan oorweeg om skoolartikels hier as relevante ensiklopediese onderwerpe te aanvaar. Elke skool wat leerders met 'n behoorlike kennis van Afrikaans oplewer, is deesdae noemenswaardig genoeg.
Dit sou ook gaaf wees as iemand 'n artikel oor die Suid-Afrikaanse skoolstelsel kon saamstel. --Voyageur (kontak) 12:51, 29 Julie 2010 (UTC)[antwoord]
Na aanleiding van die gesprek is dit nou duidelik dat daar verskeie anonieme gebruikers hier doenig is. Anrie, dit wat jy aan my probeer toedig het bly twak wat dit is absoluut bog (dit mag moontlik op van die ander anonieme gebruikers van toepassing wees). Ek wil steeds weet hoekom reëls hierso inkonsekwent toegepas word, veral t.o.v. ander wiki's. Van die skoolartikels wat geskrap is het reeds noemenswaardige alumni bevat, so volgens Voyageur se reëls was hulle van die begin af geldig. So, lê die probleem dan by Anrie wat haar eie willetjie hier op mense afdwing?
Dit is hoegenaamd nie uit die gesprek duidelik dat daar verskeie anonieme gebruikers hier doenig is nie - juis omdat jy weier om jouself te identifiseer en 'n rekening te skep is dit des te moeiliker om meerdere soortgelyke dog anonieme menings ernstig op te neem.
Ek het bo reeds verduidelik waarom dit kan voel waarom reeds inkonsekwent toegepas word.
Voyager se mening, "elke skool wat leerders met 'n behoorlike kennis van Afrikaans oplewer...", is slegs 'n mening (ek is immers ook 'n leerder met 'n behoorlike kennis van Afrikaans): ensiklopediese relevansie kan nie outomaties d.m.v. assosiasie oorgedra word nie . Net soos William Shakespeare se ouma nie outomaties ensiklopedies relevant is nie, kan die skool van iemand wat tans beroemd is nie outomaties ensiklopedies relevant wees nie.
Ek is nie bereid om verder aan hierdie gesprek deel te neem nie: ek voel asof ek myself telkens moet herhaal, terwyl jy nie werklik die moeite neem om dit te lees en te verstaan nie. By verdere twyfels is jy welkom om Wikipedia:Ensiklopediese relevansie raad te pleeg. Anrie (kontak) 20:09, 29 Julie 2010 (UTC)[antwoord]
Die skole is almal ensiklopedies relevant mits hulle in die artikel oor die betrokke nedersetting behandel word. Bepaalde skole kan ook in 'n eie artikel beskryf word - alhoewel Suid-Afrikaanse gebruikers self moet besluit watter instellings in hierdie kategorie val.
Siende dat ons reeds artikels oor ander onderwerpe het wat streng gesproke ook nie as suiwer ensiklopedies beskou kan word nie (NG kerkgemeentes, disse, sportgebeurtenisse, rolprente ens.), is daar egter geen rede om die ensiklopediese relevansie van artikels oor skole summier te bevraagteken nie. Sy edele regter Voyageur besluit dus in die saak tussen gebruikers Anrie en Anoniem: Artikels oor skole word toegelaat mits hulle ensiklopediese dekking oor die betrokke instelling verskaf. (Moet ek êrens met my hamer klop?) --Voyageur (kontak) 21:05, 29 Julie 2010 (UTC)[antwoord]
Wie het jou die regtershamer gegee, Voyageur? Jyself? Af.wiki het natuurlik alle reg om self te bepaal wat ensiklopedies geag word en wat nie. En nee, mr/mrs Anoniem kan nie eis dat dit dieselfde as op en.wiki is nie. Maar ek dink dit sou goed wees as af.wiki die definisie van wat ensiklopedies geag word wat beter en waardiger bepaal as nou die geval is, anders gaan dit nog meer probleme gee. Jcwf (kontak) 00:56, 30 Julie 2010 (UTC)[antwoord]
Hierdie vraag moet liewer aan Anrie gerig word. Daar is steeds geen probleem wat die projek betref nie, maar 'n klein geskil tussen individuele gebruikers waaroor die gemeenskap nog nie beraadslaag het nie. As 'n aktiewe bydraer het ek 'n konstruktiewe voorstel gemaak en na die status quo verwys. Skole wat histories belangrik is en/of bekende alumni het, is aanvaarbaar as lemmata (aldus die beleid van die Duitse Wikipedia - ek weet nie hoekom mense juis die Engelse Wikipedia in hierdie verband as leidraad gebruik nie). Ander skole kan gerus by die artikels oor die nedersetting waar hulle gesetel is behandel word. Ons kan desnoods 'n Skool-wiki skep waarheen nie-ensiklopediese skoolartikels geskuif kan word. Dit is ook die beleid van die Duitse Wikipedia. --Voyageur (kontak) 11:08, 30 Julie 2010 (UTC)[antwoord]
Miskien is ek te optimisties, maar ek sal weer probeer:
Reeds in my eerste weke hier is daar aan my vertel dat die basiese beleide en riglyne van die Engelse Wikipedia hier ook gebruik word. Dit sluit byvoorbeeld die drie kernbeleide en ander soos "aanvaar goedertrou", die 3-revert reël, noemenswaardigheid, beleefdheid, ens. in (omstrede beleide of wikispesifieke beleide wat later deur die Engelse Wikipedia ontwikkel is, word nie outomaties oorgeneem nie). Hierdie beleide is egter nie uniek aan die Engelse Wikipedia nie, maar is ook deur meeste ander Wikipedias oorgeneem, veral die groteres.
Die huidige Wikipedia:Ensiklopediese Relevansie is 'n vertaling van en:Wikipedia:Notability en die inhoud is nie my "eie willetjie" nie. Dit is dus ook nie meer beperkend as die Engelse Wikipedia s'n nie.
Daar bestaan ook ander, soortgelyke dokumente op ander Wikipedias. Gesien dat dit hier gebruiklik is en was om Engelse beleide oor te neem, was dit ook logies dat die Engelse een die enigste een was wat sonder enige omstredenheid oorgeneem kon word. Indien 'n gebruiker dit wil vervang met dié van 'n ander Wikipedia, behoort hy 'n bespreking daaromtrent by Wikipediabespreking:Ensiklopediese relevansie te begin (en nie artikels te skep wat blyk nie aan die huidige kriteria te voldoen nie).
Terloops, die Duitse Wikipedia se "Relevanzkriterien" sluit nie "bekende alumni" as kriterium in nie. Anrie (kontak) 12:30, 30 Julie 2010 (UTC)[antwoord]
Alle wette en selfs ons riglyne kan geïnterpreteer word. Die noemenswaardigheid van 'n onderwysinstelling word in die praktyk onder meer bepaal deur die aantal bekende persoonlikhede wat daar skoolgegaan het. Daar is wél konsensus in die Duitse Wikipedia dat bekende alumni een kriterium vir noemenswaardigheid kan wees, soos uit die diskussies daar blyk.. --Voyageur (kontak) 20:56, 30 Julie 2010 (UTC)[antwoord]
Anrie: "Dit is hoegenaamd nie uit die gesprek duidelik dat daar verskeie anonieme gebruikers hier doenig is nie"
Dit is vir my duidelik. Al die anonieme kommentaar oor "skoolartikels" is nie deur my gemaak nie. Maar, ongeag jou opinie daaroor word anonieme bydraes egter oor alle wikipedias verwelkom. Ek wil dit selfs aanbeveel. Dan kan mense op die onderwerp fokus en hulle nie aan al die emosionele uitbarsting en ongegronde beskuldigings hier steur nie.
Om terug te kom by relevansie: Onthou dat geen geleentheid gegun was om relevansie te bewys nie. En selfs al is daar twyfel (soos daar lyk my wel is), kon ons dit bespreek of 'n stemming daaroor uitgeroep het. Die spoedige verwydering was dus 'n direkte oortreding van en:Wikipedia:Notability. Ek wil nie eers na die Afrikaanse weergawe kyk nie, wat dit het 'n enkele outeur (raai wie?).
Die skrap van lyste is selfs meer kommerwekkend. Volgens Arnie hoort hulle nie hier nie en sy skrap hulle summier. Tog het ons kategorieë vol lyste en kom dit op al die wikipedias voor. Ek wil nou net weet of ek hulle almal kan merk vir verwydering of sal dit makliker weer om myne terug te sit? Daarna kan ons bespreek of ons dit wil hou al dan nie.

Om die speelveld hier gelyk te maak met die ander wikipedias, stel ek die volgende voor:

  1. Ons (ja, almal van ons) speel van nou af die bal en nie die persoon nie. Stellings soos "persoon X het Y gedoen" is negatief en moet gestaak word. Sê eerder, "die artikel/paragraaf voldoen nie aan reël X nie, help ons asb om dit reg te maak." Uitbarstings moet ten alle koste vermy word, volg net die proses en hou emosie daaruit. Elke konstruktiewe bydraer is vir ons belangrik (anonieme bydraers natuurlik ook). Almal moet welkom en vry wees om die wiki verder uit te brei (sin vir sin, saadjie vir saadjie, of artikel vir artikel - elkeen volgens sy vermoëns/aanleg).
  2. Aangesien ons 'n klein wiki is, en graag op groei wil fokus, moet ons so liberaal moontlik binne die reëls bly. Met ander woorde, oordrewe relevansie is nie op die oomblik in ons belang nie.
  3. As iemand wonder oor relevansie, dan merk ons dit en bespreek dit. Dit kan wel vir verwydering genomineer word, maar nie alvorens die konstruktiewe opsies uitgeput is nie.
  4. Ons moet bepaal of Lyste hier 'n plek het al dan nie. As ons hier 'n uitsondering maak en dit nie toelaat nie, moet daar ten minste 'n stemming daaroor plaasvind en as sodanig gedokumenteer word.
  5. Sommige artikels word geskrap omdat hulle "woordeboekinskrywings" is, dit terwyl en:Category:Words op Engels en ander tale bestaan. Ons interpretasie daarvan is nie in-lyn met die ander wikipedias nie en moet hersien of tot stemming geroep word. Die reël op en.wp is "article ... should very typically be about a concept and not primarily the usage of a word.".
  6. Sover ek verstaan is die beperkte gebruik van nie-vrye media reeds goedgekeur. Maar dit word steeds as rede vir skrapping gebruik. Ek sal graag wil sien dat dit toegelaat word of ten minste tot 'n punt gedryf word.

Groete van huis tot huis. Anoniem-nr-1.

Ek deel die sentimente in punt 2 hierbo uitgesit en verder wil ek die bydraers aanmoedig om hulle geskille by te lê. Ek is seker daar kan 'n middeweg gevind word wat nie afbreek sal doen aan die genot wat ons as vrywilligers put uit ons bydraes hier nie. --RAM (kontak) 10:18, 2 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]

Dames en Here. Ons is almal veronderstel om verantwoordelike gebruikers te wees. Die volgende maak Wikipedia (volgens my) juis die plek vir vrywilligers om by te dra:
  • Enige een kan bydra
  • Daar is 'n gemeenskap wat kan help met enige probleme
  • Daar is 'n georganiseerde gemeenskap om effektiewe hulp te bewerkstellig
  • Geskille word deur gesprek en demokraties geskik (of dit is veronderstel om so te wees)
maar ...
Vir hierdie stelsel om te funksioneer moet daar 'n mate van "wet en orde" gehandhaaf word. Daar is riglyne om te volg, beide vir gewone gebruikers, administrateurs en burokrate. Deel van die rede hoekom die stelsel kan werk is dat ALMAL moet saamwerk. Indien enige een voel dat hulle nie met die riglyne saamstem nie, noem dit op die betrokke besprekingsblad. Indien jy 'n probleem met 'n gebruiker / administrateur / burokraat het gebruik die riglyne om die saak te besleg. Indien jy anoniem is gaan jy dus hier aan die kaak gestel moet word aangesien jy nie 'n persoonlike blad het waar jy gekontak kan word nie. Maar een ding staan wel : Indien getwis soos hierbo nie vinnig uitgesorteer word nie gaan hierdie Wikipedia BAIE meer skade berokken word as wat enige swak artikel ooit sou kon doen. So ek vra die demokraties verkose leiers (Administrateurs en Burokrate) om die saak met die btrokke gebruikers op te neem en 'n einde aan hierdie geskil te maak, volgens die riglyne of per stemming. Maak dan die besluit bekend aan die gebruikers hier. Indien enige van die gebruikers nie gelukkig is met die leierskap se besluite nie is hulle welkom om hulself verkiesbaar te stel vir leierskap en deur die gemeenskap demokraties verkies te word, en dus so die leierskap te versterk.
Groete aan almal. Arno (kontak) 09:56, 3 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]
Kommentaar:
  1. Soms is dit nodig om te sê "persoon X het Y gedoen", veral wanneer dit 'n negatiewe uitwerking gehad het. Dit is dan ook waarom ons bladsye soos Wikipedia:Beleefdheid en Wikipedia:Geskilbeslegting het: om te sorg dat kommunikasie in sulke gevalle wel konstruktief bly en nie tot persoonlike aanvalle oorgaan nie. Anonieme bydraers is welkom om by te dra aan artikels, ens., maar moet begryp dat hulle 'n beperkte rol in beleidsontwerp en ander gemeenskaplike prosesse het.
  2. Aangesien ons 'n klein wiki is, is dit belangrik om die reëls van die begin af toe te pas. So skep mens 'n presedent waar iedereen vinnig leer wat toelaatbaar is en wat nie, sodat mens nie wanneer die projek 50 000 artikels behaal skielik "minder liberaal" moet word en klomp artikels moet verwyder nie. Doen 'n ding van die begin af reg.
  3. Bespreking van relevansie - sover my kennis strek is probleme nog altyd eers bespreek.
  4. Dit is 'n leuen dat ek voel lyste hoort nie hier nie en dat ek hulle summier skrap. Enige geval waar ek dit doen sal misbruik van my administrateursregte wees. Lyste dien natuurlik 'n doel, mits hulle, nes artikels, ensiklopediese relevansie toon.
  5. Sommige artikels word op ander Wikipedia ook geskrap omdat hulle "woordeboekinskrywings" is - dit is definitief 'n saak wat van artikel tot artikel beoordeel word. Oor die algemeen word woordeboekdefinisies ook nie op ander Wikipedias toegelaat nie.
  6. Wat die gebruik van nie-vrye media betref: die voorstanders daarvan moet hul voorgestelde beleid aan die Stigting voorlê en goedkeuring daarvoor kry, tot tyd en wyl het ons streng gesproke geen beleid nie.
@Arno: ek dink jy begryp nie mooi die rol van administrateurs en burokrate nie - dit is hoegenaamd geen leierfunksie nie en enige persoon wat aansoek doen om hierdie status omdat hulle 'n leier wil wees of dink dis 'n prys wat mens kry as jy lank genoeg bygedra het, het 'n wanbegrip van wat dit inhou. Lees gerus Wikipedia:Administrateur deur vir meer inligting. Anrie (kontak) 20:51, 4 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]
  1. Soos toe ek jou gevra het om op te hou om interwiki skakels uit artikels te verwyder (die negatiewe uitwerking waarvan jy praat?). Kyk waartoe dit nou gelei het. Ek sien ons gaan nog baie pret in die toekoms hier hê.
  2. OK, nou het reeds verskeie opinies hieroor gehad en jy is seker geregtig op joune. Solank jy dit nie in ander se kele afdwing nie.
  3. So wat het verander dat jy hulle nou eerder skrap?
  4. Geen probleem daarmee nie, behalwe dat jou interpretasie daarvan anders as op die ander wiki's is. Dit is nogal frustrerend!
  5. Maar jy het. So dan het jy jou administrateursregte misbruik!
  6. Wat is die prosedure? Ek sal graag daarmee wil begin.

Die lewe van Lady Diana

Goeie dag, ek is graag opsoek na die volgende:

  • Artikels en fotos van Lady Diana se kinderjare, waar en wanneer sy gebore is gebore?
  • Artikels oor watter werk sy gedoen het?
  • Waarom sal ons haar onthou?
  • Artikels waarom sy 'n goeie leier was?
  • Enige interessante artikels en fotos oor Lady Diana?

Ek sal u hulp op hierdie onderwerp inniglik waardeer?!?

Baie dankie!

Claudia Havenga South Africa +27 83 422 2271 claudia.havenga-at-paarlcoldset.co.za

Sal die help: Prinses Diana? Groete. Anoniem

Lyste, anonieme gebruikers, relevansie en ander ******

As die hoofskepper van die "Lys van pouse" het ek persoonlike belang by die onderwerp. My kommentaar moet dan ook in die lig beskou word. 'n Google soek na "book of lists" gee meer as 74 miljoen resultate. Daar is dus wel belangstelling in party lyste. Die kriteria vir relevansie is dikwels vaag en m.i. moet ons nie te gou skrap nie. Daar is egter 'n probleem met anonieme gebruikers, "Hoe kommunkeer jy met hom of haar?" Die anonimiteit is natuurlik heeltemal wettig en toelaatbaar, maar dit skep tog agterdog. Hoekom wil die gebruiker nie eers onder 'n skuilnaam werk nie?? 'n Anonieme gebruiker (en ek kan nie eers weet of dit net een of meer is nie) se sarkasmeen aanvallende toon is ook nie bevorderlik vir samewerking en kommunikasie nie. Kom mnr/me anoniem wees nou 'n slaggie vriendelik, los die sarkasme en strydlustigheid en werk saam. As jy die persoon is wie ek dink jy is, het jy al verskeie baie goeie artikels geskrywe en is jy bydraes beslis van belang. Dit is seker my fout, maar elke keer as ek van die anonieme kommentaar lees, moet ek myself keer om nie wild en wakker aan te val nie. Groete hansjoseph (kontak) 15:00, 4 Augustus 2010 (UTC) (nie anoniem)[antwoord]

Ohhh, moenie dat Anrie daai witlys van jou sien nie! As ek jy is gaan merk ek hom dadelik vir verwydering voordat jy uitgevang word :-)
In elke geval, ek weet nie na watter anonieme gebruiker jy verwys nie, maak kom ons kyk hoe vriendelik jy bly as sy onder jou artikels inspring en begin skrap.
Dit lyk of verskeie anonieme gebruikers sake hier bespreek, so behoorlike kommunikasie is wel moontlik. Miskien net nie heeltemal so maklik nie.
Groete.
'n (meestal) vriendelike anonieme gebruiker
Is dit werklik nodig om alweer sarkasties oor Anrie te wees?? Sy werk al baie lank en baie hard vir hierdie wiki. hansjoseph (kontak) 15:33, 4 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]
Goeie punt, ons het seker maar almal ons sondes. Party van ons raak te gou kwaad ek sukkel lyk my om te vergewe. Ek sal Sondag daarvoor boete doen. Groete. Anoniem
Hansjoseph, ek weet nie hoekom dit skielik lyk asof ek gekant is teen lyste nie, maar mens het natuurlik lyste en dan het mens lyste. Ek is self 'n voorstander van 'n goeie lys - het immers ook al een geskep en ander uitgebrei. Anrie (kontak) 20:33, 4 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]
Ekskuus, maar nou maak jy my deurmekaar: So, witlyste is OK, 'n lys van aalwyne is ensiklopedies, maar 'n lys van skole is nie? Ek is seker die mense by en.wp gaan giggel as ek hulle lys van skole in SA vir verwydering nomineer (veral die een wat ek oorgeklank het). Wie of wat bepaal of 'n lys "ensiklopedies" is?
Die Duitse Wikipedia het blykbaar ook lyste van skole volgens nedersetting/streek/land, ofskoon hulle gewoonlik strenger maatreëls toepas. Binne Wikipedia se konteks - wat merkbaar van dié van 'n gedrukte ensiklopedie verskil - is hierdie soort lyste wél aanvaarbaar. --Voyageur (kontak) 21:19, 4 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]
In daai geval sal ek dit nogal waardeer as my lyste teruggesit kan word. Al is dit dan net vir 'n rukkie om dit konstruktief te bespreek en gesamentlik te besluit of ons dit wil hou.
Ek is NIE teen lyste nie, mist die inskrywings ensiklopedies van aard is. Pouse en Aalwyne is m.i. reg. Ek wil nie 'n oordeel oor skole gee nie, want ek het nie die lys gesien nie. (nou kan ek lekker op die draad sit en vir anoniem probeer pes ;) hy/sy doen dit tog aan almal en dan nog anoniem ook. Teminste is ek nie verleë oor my standpunt nie.) Groete hansjoseph (kontak) 08:42, 5 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]

(Was ek onbeleefd? Miskien. Ekskuus anoniem) hansjoseph (kontak) 09:10, 5 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]

Nee wat, ek het dit geensins as onbeleef ervaar nie. Maar jy-weet-wie laat my steeds rooi om die kiewe.
Wie of wat bepaal of 'n lys ensiklopedies is? Wel, beide die onderwerp van die lys én die inhoud daarvan behoort ensiklopedies relevant wees. Byvoorbeeld: William Shakespeare en Stephen King is miskien beide ensiklopedies relevant, maar as hulle verskyn in 'n lys met die naam "Anrie se gunsteling outeurs", is die onderwerp van die lys nié ensiklopedies relevant nie. Só ook het 'n lys met die naam "Suid-Afrikaanse musici" 'n ensiklopediese onderwerp, maar die inhoud daarvan, d.w.s. die kunstenaars wat daarin genoem word, behoort ook elk ensiklopedies relevant te wees.
My bespreking by "Skoolartikels" hierbo is begin in 'n poging om o.a. die skoollyste te bespreek. Jou reaksie was "Goed jy noem dit. Ek sal onmiddelik ophou om my tyd te mors. Skrap asb. al die bladsy wat ek vandag geskep het. Baai. Anoniem", wat my die indruk gegee het dat jy saamgestem het dat my besware geldig was en dat jy versoek het dat ek die bladsye skrap. Ek sal voorstel dat enige toekomstige bespreking oor die inhoud/geldigheid van (skool)lyste in die algemeen by Wikipediabespreking:Lyste plaasvind, sodat dit in die toekoms in verwante gesprekke teruggevind kan word. Anrie (kontak) 08:57, 5 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]
Ek het dit gesien as nog 'n aanslag en poging van jou om jou eie interpretasie van reëls in andere se keelgate af te dwing. Ek werk meestal op die Engelse projek, maar vind dit nie naastenby so demoraliserend as om hier by te dra nie. Maar nou ja, as ek jy was sou ek hulle ook nie terugsit nie, want dan sal ander kan sien dat die artikels eintlik binne die reëls en boonop ensiklopedies ook is.
Ek is bereid om die bespreking voort te sit wanneer jy bereid is om jou sarkasme en onbeskoftheid te laat vaar. Ek stel voor jy vat 'n dag af, uiter jou frustrasies elders en kontak my dan op my besprekingsblad of begin 'n gesprek op Wikipediabespreking:Lyste. Die besprekingsblad van 'n artikel wat jy voel ontereg geskrap is kan ook werk. So ook sal ek dit waardeer indien jy my op my besprekingsblad kontak om enige vermeende "aanslae" ens. te bespreek, alvorens jy allerhande beskuldigings in die Geselshoekie maak. Jou gedrag maak dit vir sommige gebruikers hier ook demoraliserend. Anrie (kontak) 14:28, 5 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]
Kan ons nie die saak vir arbitrasie verwys nie? Ek besef jy neem dit persoonlik op, maar ek wil net hê dat die sake gelys aandag kry en nie weer onder die mat ingevee word nie. Die wedersydse beledigings sal egter nie help nie. As dit reg hanteer word kan dit in iets positief omgeswaai word. Ek weet dat jy die artikels kan terugsit as jy wil, dan kan ons hulle in konteks bespreek. Tot tyd en wyl sal ons maar hier moet aangaan.
Ek wil graag 'n lysie begin oor hoekom ek dit snaaks vind dat iemand met soveel erns sy standpunt oor 'n lys van skole wil verdedig, waaronder kan ek die lysie sit Anrie? Hehehe --196.215.29.202 12:58, 29 November 2010 (UTC)[antwoord]
Die lyste is teruggeplaas, so ek beskou die saak as afgehandel. Groete. Anoniem

Tot watter denkrigting behoort dit?

Hello daar! Ek voel skoon skuldig dat ek so lanklaas op was; letterkunde hou my ledige ure maar aan die skrale kant... Ek kan skaars wag vir Desember!

Ek het 'n vraag: Gestel iemand is lief vir sy medemens alleenlik op grond daarvan dat hul albei van "vlees en bloed" is, tot watter denkrigting behoort dit? Aanskou die volgende voorbeeld:
'n Romeinse soldaat weier om 'n Germaanse krygsgevangene om die lewe te bring, bloot omrede die Romein glo dat die Germaan ook maar net 'n mens soos hy is, ook "van vel, bene en bloed" aanmekaar gesit is, 'n pa van twee seuns is ens. ens.

Ek sou dit nie beskou as naasteliefde nie - naasteliefde is tog intrinsiek van aard - bedoelende die persoon wat "binne-in" die liggaam self is. Die "liefde" waarvan ek praat, is op die liggaam self geskoei (dus ekstrinsiek), nie die siel/gees nie.

Is bogenoemde dalk 'n vorm van humanisme?
By voorbaat baie dankie!
Suidpunt (kontak) 19:52, 7 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]

Ek sou dink dit is humanisme ('n tipe etiek of morele filosofie). Kyk byvoorbeeld na die stelling: "Met die begin van die humanisme in Europa word die doodstraf vir die eerste keer krities gesien." Daar is geen broederliefde nie, jy hou nie eers van so 'n persoon nie, maar jy wil ook darem nie hê hy moet hang nie. Ek sal dit aan jou oorlaat om te besluit of humanisme in alle gevalle so 'n wonderlike leerstelling/emosie is. Groete. Anoniem
Dankie Anoniem! Dit beantwoord my vraag. En ek sien jou punt raak: humanisme in die wêreldgemeenskap is uiters skeefgetrek - aan die een kant word die doodstraf afgeskaf, maar aborsie wel gewettig (die vrywillige aborsie). Al twee kan onder die "vlees en bloed" benadering val, hoewel dit net sekeres is wat gerieflik op die kantlyn geskuif word - natuurlik sal aborsie nie onwettig verklaar word nie, want Miljoene werkgeleenthede en industrieë word ondersteun deur seksueel onverantwoordelike tieners. Ook die aborsieklinieke maak baie geld. Hoekom sal mense wat geld maak uit seksuele onverantwoordelikheid tieners aanmoedig om nie seks te hê nie? Stel jou voor hoe baie mense hulle werk sal verloor as tieners ophou om by mekaar in die bed te spring ...want wie sou hulle produkte koop en hulle dienste nodig hê? (Dobson J. 1997. Fokus op meer as 400 vrae van Gesinne wat mense die meeste pla, bl. 175). Met ander woorde, waar iets/iemand se dood uit voordeel getrek kan word, word dit geregverdig. Baie dankie vir die terugvoer. Lekker dag!Suidpunt (kontak) 08:45, 8 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]

Boodskap vir 41.240.155.132

Aangesien u nie 'n gebruikerblad het nie, kyk asb. na die boodskap by die besprekingsblad vir "Lys van Vrymesselaars". Groete hansjoseph (kontak) 14:00, 9 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]

Ek het dit gesien, dankie. Let asb daarop dat al my byvoegings van bronne voorsien is. Groete. Anoniem
Die individuele inskrywings moet verwysings hê. Ek sien geen verwysings by Blignaut of Edward VIII nie. Mis ek iets? Groete hansjoseph (kontak) 15:33, 9 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]
Blignaut se verwysing is teruggerol (blykbaar is Wikipedia-artikels nie geldige bronne nie). Dit is seker moontlik dat die artikel oor hom verkeerd is. Ek kan nie vir die ander antwoord nie aangesien ek hulle nie bygesit het nie. Groete. Anoniem
Die ander sal ons seker maar moet verwyder. Ek probeer nog 'n addisionele bron vir Langenhoven kry. Ek dink Pres. Steyn van die Vrystaat was ook lid, maar kry nie refs nie. hansjoseph (kontak) 16:32, 9 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]
Ek stem, geen bronne beteken hulle moet waai. Maar, voor jy hulle verwyder, kyk asb eers of die ander wiki's geldige bronne lys.
Hier is die argiefblad van die dooie skakel: http://web.archive.org/web/20010303135607/http://grandlodge.co.za/170799.html (dooie skakels moet nooit sommer net verwyder word nie).
Groete. Anoniem
Hi Anoniem, Dankie vir die verwysing na die argiefblad. Voordat ons verder uitvee, moet ons seker vir die ander (ook anonieme) bydraers vra. Groete hansjoseph (kontak) 07:30, 10 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]

Opsoek na John Farrell

Goeiedag

Ek is opsoek na John Farrell. Hy het so ongeveer 7 jaar gelede in die omgewing gewerk..Enige iemand wat my kan help is welkom om my te skakel. Bernadine sel nr 082 738 8252. dankie

Na watter omgewing verwys jy? Groete. Anoniem

Die mierleeu

Ek kan nêrens inligting kry oor die mierleeu nie. Daardie goggatjie wat 'n gaatjie in die grond grawe en dan wag dat die miere daarin val. Is dit die larwe van een of ander insek of is hy nou op sy laaste stadium?

Mieliestronk het 'n artikel oor die mierleeu. --Voyageur (kontak) 16:08, 15 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]
Help ons met navorsing en om die artikel by Mierleeu verder uit te brei. Groete. Anoniem

Taalkonvensie vir plekname in Wallonië (Franssprekende België)

Daar is Suid-Afrikaners, Vlaminge en Nederlanders hier wat vir ons wil wysmaak ons moet liewer Nederlandse (!) plekname vir Franssprekende nedersettings en gebiede in België gebruik.

Vielleicht sollten die werten Herrschaften ein wenig mehr in ihr Bildungswesen investieren und dem Beispiel kultivierter Namibier folgen... ;)

Franse taal kry hupstoot

FRANKRYK se ambassadeur aan Namibië, mnr. Jean-Louis Zoël, het verlede week ’n verdere ooreenkoms met die Universiteit van Namibië se visekanselier, prof. Lazarus Hangula, onderteken.

Die ooreenkoms herbevestig Frankryk se belang in die vooruitgang van die Franse taal en kultuur in Namibië. “Amper die helfte van state in Afrika gebruik Frans as hul amptelike landstaal wat ’n voordeel inhou vir Namibiërs wat Frans magtig is,” het mnr. Zoël in sy toespraak genoem.

“Daar is selfs drie Franssprekende lande wat lede van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) is. Alhoewel Namibië histories nie ’n Frans-sprekende land is nie, sal die groei en ontwikkeling van die taal as opleidings- en voertaal uiteraard vir Namibiërs ’n waardevolle vaardigheid beteken.” Prof. Hangula daarenteen het sy toespraak op ’n meer somber noot begin, toe hy sy meegevoel aan die Franse ambassadeur oorgedra het na aanleiding van die onlangse tragedie waarin 228 passassiers op pad na Parys in Frankryk skynbaar in die Atlantiese Oseaan neergestort het.

Prof. Hangula het na die lang verhouding met Frankryk verwys en sy opgewondenheid oor die versterking daarvan duidelik gemaak.

“As gevolg van die ondertekening van hierdie ooreenkoms, sal nege beurse beskikbaar gestel word vir onderwysstudente om met hul studies in Frans voort te gaan, sodat Franse taalonderwysers in Namibië se sekondêre skole die taal sal kan aanbied.” Prof. Hangula het na ’n besoek van die hoof uitvoerende beampte van AREVA, me. Lauvergeon, sowat ’n maand gelede verwys.

Die Franse kernkrag parastatale onderneming wat onlangs bekendgemaak het dat beurse toegestaan word aan Namibiese studente wat in die mynsektor wil werk, is deur Pres. Hifikepunye Pohamba uitgewys as ’n voorbeeld van hoe belangrik die uitbreiding van die Franse taal in die land is. In die ooreenkoms word voorsiening gemaak vir die uitbreiding van die Franse taaleenheid wat deel van die departement van geestes- en sosiale wetenskappe val.

Die nege beurse en finansiële ondersteuning van die Franse taaleenheid sal vir die finansiële jaar ongeveer N$250 000 uit die Franse ambassade se sak haal.

Die Republikein, 8 Junie 2009

--Voyageur (kontak) 00:33, 29 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]

So do you think we should use French names, not Dutch, for Wallonia? I understand that there isn't so much a cultural relationship between Afrikaners and the Dutch, but there is a chance that Afrikaans people will use names like Luik, but I am a bit unsure about Namen (Namur). Ben Bezuidenhout (kontak) 11:50, 29 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]
Do most Afrikaans speakers know that "Bayern" is Beiere (and not Bavaria/Bawaria etc.) in Afrikaans? My family thought Luzern was spelt "Lucerne" in Afrikaans! Ben Bezuidenhout (kontak) 15:07, 29 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]
As to Wallonia and Brussels, surveys suggest the vast majority of Frenchmen would favor a unification of France and Wallonia/Brussels. So be it. Dutch names should gradually be removed from all our articles about Wallonia and Brussels - there is a Dutch-speaking region where that language may be used.
Foreign place names may be looked up in the main articles of particular countries. I do not think users will have difficulties finding the information they need. --Voyageur (kontak) 22:49, 9 September 2010 (UTC)[antwoord]

Wanneer mens realiseer dat Nederlands 'n ou vorm van Afrikaans is, dan is die idee nie so verregaande nie. Tot tyd en wyl gesaghebbende bronne dus Nederlandse/Ou Afrikaanse name vir hierdie nedersettings gebruik, moet ons dit ook doen. 'n Verwysing na 'n gesaghebbende bron met 'n Ned./Afr. spelwyse sal dus ook altyd 'n verwysing na 'n bron met 'n Fr. spelwyse klop, siende dat die Taalkommissie se voorkeur by die Afrikaanser spelling lê. (Dis die Taalkommissie wat Afrikaans standardiseer, nie Wikipedia nie.) Anrie (kontak) 07:45, 10 September 2010 (UTC)[antwoord]

Daar is stapels van argumente vir albei standpunte. Ek lê besondere klem op die verskil in konteks en teikengroepe - die Taalkommissie maak aanbevelings ten opsigte van kort verwysings na hierdie nedersettings in algemene Afrikaanse tekste. Ons bied egter uitgebreide inligting vir belangstellende lesers (wat moontlik ook al kennis van Frans het) waarin die nedersettings in hul huidige konteks en as deel van die Franssprekende wêreld beskryf word. Buitelandse ensiklopedieë, reisgidse, vakboeke en ander publikasies hou dikwels ook nie by die spelwyse wat deur kommissies en redaksies van woordeboeke aanbeveel word nie, maar gebruik by voorkeur die huidige amptelike name en spelwyses.
Standardisering van internasionale spelwyses met inagneming van huidige politieke, etniese en ander besonderhede is 'n doelwit wat ons gerus mag ondersteun. Die Nederlandse name moet gevolglik beperk bly tot aansture. Watter praktiese waarde het die Taalkommissie se reëls vir die alledaagse lewe in Suid-Afrika? As 'n mens Afrikaans in 'n winkel of so wil praat, moet hy waarskynlik al na Namibië emigreer. En Suid-Afrikaanse munisipaliteite doen nie eers die moeite om hul eie amptelike webwerwe in Afrikaans aan te bied nie, selfs al is hulle merendeels Afrikaanssprekend! Afrikaners en Nederlanders is juis twee volke waar 'n groot aantal sprekers bereid sou wees om hul eie moedertaal ten gunste van Engels op te offer. Ek pleit vir Afrikaanse eentaligheid waar dit van pas is - dieselfde geld vir Franssprekende Wallonië en Brussel. --Voyageur (kontak) 14:12, 10 September 2010 (UTC)[antwoord]
Ek persoonlik sal die naam gebruik wat die Taalkommissie verkies as ek 'n artikel oor een van die plekke doen. As iemand anders dit daarna verander, is dit daarnatoe, hoewel ek nie baie gelukkig sal wees nie. Om te hou by die reels van die Taalkommissie is een manier om te voorkom dat elkeen net doen wat hy wil op die Afrikaanse Wikipedia. Daar is iets soos Standaardafrikaans, en dit word bepaal deur die Taalkommissie, wat juis voortdurend die reels verander om tred te hou met hoe mense praat, maar darem binne perke. Winston (kontak) 18:58, 25 September 2010 (UTC)[antwoord]
Bydraers moet altyd die korrekte terminologie en korrekte geografiese plekname gebruik - dit is 'n behoorlikheidseis en 'n voorvereiste vir werk van hoë gehalte. Ek weet persoonlik niks van enige Suid-Afrikaanse (of Duitse, Poolse, Sweedse,...) kommissie wat Belgiese plekname reguleer nie. --Voyageur (kontak) 21:15, 25 September 2010 (UTC)[antwoord]

Nederlandse provinsies

Is die provinsies van Nederland juist geschreef? Ek denk wat Zeeland moet Seeland wees en Overijssel Overyssel. Wikix (kontak) 12:38, 9 September 2010 (UTC)[antwoord]

Zeeland en Overijssel is aanvaarbaar in Afrikaans. --Voyageur (kontak) 22:28, 9 September 2010 (UTC)[antwoord]
Net omdat spelreëls gewysig is sedert 'n plek ontstaan het, is geen rede om die pleknaam te wysig nie. In Suid-Afrika is daar self ook baie plekke met spelwyses wat vandag ouderwets voorkom, soos Stellenbosch en die Paarl. Anrie (kontak) 07:48, 10 September 2010 (UTC)[antwoord]
Is Seeland en Overyssel beter as Zeeland en Overijssel? Wikix (kontak) 08:20, 10 September 2010 (UTC)[antwoord]


I agree with Anrie, but then again places such as Oost-Londen exist on Nederlands wikipedia :S. But also does this mean we can move IJsselmeer to Ysselmeer, or Den Haag to Die Haag/ Utrecht to Utregt etc.? Ben Bezuidenhout (kontak) 13:38, 10 September 2010 (UTC)[antwoord]
No way! :) Oos-/Oost-/East and Londen/London are standard vocabulary and may be translated. However, foreign names should always be used when dealing with lesser known places. For us, when writing an encyclopedia, accuracy is more important than historical linguistics and etymology. --Voyageur (kontak) 13:45, 10 September 2010 (UTC)[antwoord]
Well Said, the Dutch may have Dutch names for South African provinces (Vrijstaat/West-Kaap) but thats because they had a cultural link with South Africa, albeit we never really had a cultural link with them.. if that makes sense? Ben Bezuidenhout (kontak) 14:33, 10 September 2010 (UTC)[antwoord]
I do not even think this has to do with any cultural link. "Vry", "staat", "wes" and "kaap" are basic vocabulary and can easily be translated. Likewise, these names would be translated as "Freistaat" and "West-Kap" in German texts. --Voyageur (kontak) 14:42, 10 September 2010 (UTC)[antwoord]
True, I remember we already had a conversation similar to this on Kortrijk (Kortryk) and we decided to move it back to its Dutch name. But keep articles where they are now. We use Suid-Holland instead of Zuid-Holland, also for the reasons above. We havn't got it as bad as German wikipedia, where North Dakota, stays North Dakota. Ben Bezuidenhout (kontak) 14:45, 10 September 2010 (UTC)[antwoord]

Inligting ivm ysbere

Ek is op soek na enige gedetaileerde inligting ivm ysbere se vel en sketse daarvan. Ek kan net inligting ivm die huid en pels opspoor maar geen uitbreiding in verband met die ysbeer se swart vel onder die huid en hoe dit temperatuur reguleer nie. Kan enigiemand my dalk hiermee help asseblief?--196.11.134.77 06:41, 22 September 2010 (UTC)[antwoord]

  • www.zum.de het inligting oor ysbere vir onderwysers - net in Duits beskikbaar, teks sonder sketse.
As jy meer inligting opspoor, brei asseblief sommer ons Ysbeer-artikel verder uit. Groete. Anoniem

Voorbladartikel aanpas

Beste Wikipediane-admins,

Anrie sal vanaand (sondag 26 September) nie die voorbladartikels kan aanpas, soos sy altyd doen. Ons moet hospitaal toe. Kan 'n ander admin hierdie taak oorneem? Tappancs (kontak) 11:29, 26 September 2010 (UTC)[antwoord]

Ek sal :) Ben Bezuidenhout (kontak) 14:18, 26 September 2010 (UTC)[antwoord]
Gedoen ;) -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 20:05, 28 September 2010 (UTC)[antwoord]

(en) (es) (it) (ja) (pt)

Artikel begin. Help asb. om dit verder uit te brei. Groete. Anoniem

Manlik en Vroulik vorm van Kat

Kan iemand my dalk help.

Ek het in n blokkieraaisel gesien mens noem ook die vroulike geslag van n kat - "KATER" Is dit korrek??

Wat is die manlike vorm van n kat???

Kater verwys myns insiens uitsluitlik na 'n mannetjieskat. --Voyageur (kontak) 17:27, 10 Oktober 2010 (UTC)[antwoord]

Die ensiklopediese inligting van die week

Uit die artikel Nederlands:

In die dorp Depok is Nederlands nog die dominante taal en in Jakarta gebruik 'n groep travestiete Nederlands as geheimtaal.

LOL! Hier leer kinders wat ons ensiklopedie gebruik dan blykbaar hoekom groot dele van die "oorspronklike Nederlandse taalgebied" so vinnig verfrans het - mense het kennis in plaas van onsin nodig gehad. --Voyageur (kontak) 23:05, 18 Oktober 2010 (UTC)[antwoord]

Afrikaner tradisionele drag

Ek is genooi na 'n skemerkelkie. Die drag is "traditional wear". Nou wil ek weet of ek nie maar in my kakie-klere of voortrekker-rokkie kan gaan nie. Of is traditional wear net African? Kan iemand my sê wat kan ek aantrek om my Afrikaner stand te hou?--198.54.206.88 13:23, 20 Oktober 2010 (UTC) [antwoord]

Kyk na die foto's by volkspele en wys sommer vir die mense hoe plesierig ons Afrikaners kan raak. Ons dans as ons partytjie hou, terwyl die res van Suid-Afrika meestal net dans (toi-toi) as hulle ongelukkig is. Groete. Anoniem

Deletion of some message system

Some local message system are identical or similar with the core message system. So I propose the deletion of the local (by this way, the message system follow the newest version in the core mediawiki software, and to do this better, send your translation in the translate wiki instead of here, you help also all wiki wich use your language). :

and a lot over . Crochet.david (kontak) 11:00, 28 Oktober 2010 (UTC)[antwoord]

Uitgevoer Uitgevoer — Adriaan (Bespreking • Bydraes) 19:26, 28 Oktober 2010 (UTC)[antwoord]

Hoe om 'n Swart Kraai groot te maak

Is daar enige iemand wat kan help met die grootmaak van swart kraai? Ek wil graag weet wat om hul te voer en ook hoe lank vat dit voor hul op hulle bene begin beweeg, dit is asof hulle net die hele tyd plat lê, nou weet ek nie of dit so moet wees nie. Asseblief gee raad Alice epos: [redacted]

Sien kraai. As die inligting onvoldoende is is jy welkom om dit op te dateer. Groete. Anoniem

Fundraising, translations.

[Greetings from the Wikimedia Foundation] Hi there. I'm Keegan, I'm working for the Wikimedia Foundation for Fundraising 2010. In my job I will be working with you, the Afrikaans community, as your liaison with the Foundation. I am actively seeking English speaking contributors to translate for me on this project in our attempts to get our message across with community thoughts and input for our drive that starts in November. If you can assist in translating our messages into Afrikaans or have ideas about focus for the Afrikaans readers, please let me know. I look forward to working with you all. Keegan, Wikimedia Fundraiser 2010 (kontak) 03:49, 23 Augustus 2010 (UTC)[antwoord]

Great to meet you Keegan! We would love the opportunity to translate the English text to Afrikaans before it appears on this site. Best regards. Anonymous
Will be glad to help out. --RAM (kontak) 07:20, 2 September 2010 (UTC)[antwoord]


[Fundraising and your wiki]
Greetings, I'm back! Please translate this message if you can.
Fundraising 2010 is preparing to start, and we want your project to be a part of the global movement to support free knowledge. The Wikimedia Foundation is engaging with local communities that build the projects to play an active part in this year's fundraiser. This year we will be working to best serve all the language communities by providing messages that are best suited for each location.
To do this, we need your help. We are testing messages and we want to be sure that our messages will work with your language. If it does not and your community can come up with your own banner in the spirit of supporting free knowledge, we invite you to submit your proposals and be active in this process. Wikimedia is for you, join us in supporting free knowledge in your local community! 173.157.10.66 04:27, 15 September 2010 (UTC)[antwoord]
That was me ;) Keegan, Wikimedia Fundraiser 2010 (kontak) 04:39, 15 September 2010 (UTC)[antwoord]


[Beat Jimmy]
Please translate this message.
The Fundraising Committee is issuing all interested community members a challenge: we want you to beat Jimmy. The appeal from Jimmy Wales and the corresponding banner have been tested head-to-head with other successful banners, and the results are clear: it's our best performing message... by a lot. This year we have a lofty fundraising goal; we need all of our banners to bring in donations like the Jimmy Appeal, but no one wants to keep the Jimmy banner up for two months. We want to run donor quotes, and other wonderful ideas, but we have to have banners that work as well as or better than the Jimmy appeal.
We've just released the highlights from a donor focus group, and the results of our donor survey. With one month to the launch of the fundraiser, the messages we test must be driven by data from our tests and surveys - we can no longer rely on instinct alone.
We've redesigned our fundraising meta pages with the Jimmy challenge; check out the survey results and propose/discuss banners that reflect these findings. Add the banners you think will 'beat Jimmy' here to be tested Tuesday October 12 against Jimmy. Keegan, Wikimedia Fundraiser 2010 (kontak) 02:07, 8 Oktober 2010 (UTC)[antwoord]


Ek het Jimmy se beroep begin vertaal, en vra dat iemand asb. dit deur sal kyk en verbeter, en dan merk as klaar. -- Jeandré, 2010-11-13t09:39z
Geproeflees, met so 'n paar veranderinkies. Nog iemand vir 'n finale proeflees? Groete 196.34.16.68 12:53, 15 November 2010 (UTC)[antwoord]
Genade ons, dis al lankal reg! Iemand moes dit net as "ready" gemerk het! Groete. Anoniem
Ek het die core messages begin vertaal, en vra dat iemand asb. dit deur sal kyk en verbeter, en dan merk as klaar. -- Jeandré, 2010-11-30t19:57z
Dit lyk goed! Ek het 'n paar verbeterings aangebring en dit as "ready" gemerk. Groete. Anoniem

Tatare en Tartare

Daar is tans eweveel verwysings na Tatare en Tartare sonder enige aanstuurblad, of artikelblad vir enige van die twee. JMK (kontak) 14:00, 19 November 2010 (UTC)[antwoord]

Volgens die AWS (negende uitgawe, 2002) is beide vorme reg:
  • Pleknaam: Tatarstan of Tartarstan.
  • Byvoeglike naamwoord: Tataarse of Tartaarse.
  • Inwoner: Tataar of Tartaar.
Groete. Anoniem

Dankie, as iemand my nie voorspring nie, sal ek 'n vertaling doen van die Engelse Tatars artikel. JMK (kontak) 14:30, 19 November 2010 (UTC)[antwoord]

Dankie JMK! 'n Artikeltjie oor Tatars sal heel welkom wees. Groete. Anoniem