Die gewilde Pharos Speller Speltoetser & woordafbreker is pas opgedateer en bygewerk en is nou versoenbaar met Windows 7.

Dit is gratis aflaaibaar hier.

Pharos speltoetser en woordafbreker

Spesifikasies

Pharos Speltoetser en Woordafbreker 3.0 vereis een van die volgende Microsoft Windows-weergawes: Windows NT, Windows 2000, Windows XP, Windows Vista of Windows 7

Pharos Speltoetser en Woordafbreker 3.0 vereis een van die volgende Microsoft Office-weergawes: Office 2000, Office XP, Office 2003, Office 2007, Office 2010.

32-bit Windows. Dit werk nie op 64-bit Windows nie.

U benodig 10 MB-skyfspasie

Installering

  1. Maak seker dat alle Microsoft Office-toepassings onaktief is;
  2. Gaan direk na http://www.mygeskiedenis.co.za of http://www.pharos.co.za;
  3. Klik op Pharos Speltoetser en Woordafbreker vir Afrikaans links onderaan die bladsy en volg die stappe om die installasieproses te voltooi.

Gedurende die installasieproses word ’n hulpgids outomaties op die rekenaar se hardeskyf by C:\Program Files\Pharos\Speltoets\3.0 gestoor.


Hoe om Pharos se Speltoetser en Woordafbreker vir Afrikaans te gebruik

  1. Indien dit ’n klaar geskrewe dokument is, bepaal die dokument met CTRL + A;
  2. Stel die taal op Afrikaans deur te klik op die taal in die statusbalk onderaan die bladsy van die dokument en Afrikaans as taal te kies;
  3. Maak seker dat die stellings onder SPELLING & GRAMMAR korrek is.
  1. Indien dit ’n nuwe dokument is, druk CTRL + A;
  2. Volg stap 2 en 3 hierbo;
  3. Klik weer boaan die dokument waar die merker flikker; die taal behoort nou in die statusbalk as Afrikaans te vertoon.

Nadat die stappe voltooi is, behoort tik- en spelfoute rooi onderstreep te wees. Regsklik op die onderstreepte woord. Indien die woord deel uitmaak van die gekontroleerde woordelys, sal alternatiewe voorstelle gegee word. Klik op die korrekte voorstel om die verkeerde woord in die teks mee te vervang. Indien daar geen alternatief voorgestel word nie, kan gebruikers die woord tot hulle Speltoetser se woordeboek toevoeg. Maak eers seker dat die woord reg gespel is, regsklik op die woord en klik dan op ADD TO DICTIONARY.

Indien u enige probleme ondervind, stuur gerus ’n e-pos aan info@newhistory.co.za

Besoek Pharos.