Bokke slaag cum laude

2011-09-23 00:00

AUCKLAND

Die eerste 20 minute was al wat gepla het, maar die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, kon breed glimlag ná die laaste 20 minute in gister se Wêreldbeker-rugbywedstryd teen Namibië.

Suid-Afrika het met 87-0 gewen nadat ’n vuisvoos Namibië in die laaste kwart van die wedstryd nie meer weerstand kon bied nie en die Bokke in daardie tydperk 49 punte aangeteken het.

“Ek is baie tevrede. Ons was ’n bietjie los aan die begin, maar die spelers het hulself reggeruk en gewys hulle kan meer punte aanteken as daar by ons struktuur gehou word,” het De Villiers ná die wedstryd in die North Harbour-stadion hier gesê.

“Die kleiner spanne se eksterne motivering is só groot wanneer hulle teen groot spanne speel. Hulle lewer inklimspel in die eerste helfte en dan vir 10 of 20 minute in die tweede helfte voordat daar besef word dat die taak te groot is.

“Ons het Namibië van sy voete gespeel nadat ons op dreef gekom het.”

Suid-Afrika het nou in drie wedstryde in dié toernooi slegs een drie afgestaan en in sy laaste twee wedstryde, teen Fidji en Namibië, slegs drie punte.

“Ek het al voorheen gesê dat ons trots put uit ons verdediging.

“Ons het baie hard aan ons verdediging gewerk en die laaste drie wedstryde het gewys dat ons tussen die bestes in daardie opsig tel,” het De Villiers gesê.

Die Bok-kaptein, John Smit, was ook tevrede nadat Suid-Afrika die Namibiërs voos geskrum het.

“Ek is baie tevrede met die vaste fasette.

“CJ van der Linde het aan die vaskopkant oorheers en dit het vir my en Gurthrö Steenkamp die weg gebaan om ook die oorhand te kry,” het Smit gesê.

“Ons het baie hard aan ons skrumwerk en verdediging geslyp. Daar wag vorentoe groter toetse op ons, maar dit was goed.”

’n Paar aspekte van die Bokke se vertoning het wel gepla.

Dit is moeilik om ná ’n sege van 87-0 krities te wees, maar die telling kon selfs groter gewees het indien Suid-Afrika beter afgerond het.

’n Paar lynstane is verbrou en die hanteerwerk was aanvanklik nie goed nie.

“Ons lewe nie in ’n perfekte wêreld nie; ons is in Nieu-Seeland,” het De Villiers geantwoord toe hy gepols is oor hoe die verbroude kanse Suid-Afrika se vermoë om met beter teenstanders af te reken, kan raak.

“Jy gaan nie teen die beste spanne ter wêreld alles in jou guns kry nie.

“Ons het ’n puik wedstryd gespeel ná die aanvanklike los begin, so ek is baie trots op die manne.

“As dit teen ’n ander span was, sou ons benadering dalk verskil het. Jy kan dus nie die gevolgtrekking maak dat dit ons duur te staan sou kom nie.”

De Villiers wou nie uitwei oor die besering aan die slot Bakkies Botha nie. Botha het vroeg in die tweede helfte saam met die spandokter, Craig Roberts, van die veld gestap nadat hy ’n hou teen die bobeen gekry het.

Die spelers sal vandag en môre af hê voordat hulle Sondag met die voorbereiding vir aanstaande Vrydag se laaste groepwedstryd, teen Samoa, begin.


Hy ken die pad doellyn toe. Francois Hougaard duik op sy gebruiklike flambojante wyse oor vir sy tweede en die Bokke se 12de drie teen Namibië. Dis Hougaard se derde drie in die toernooi.
Foto: Gallo Images

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Rugby-kommentaar

Verteldiesto sê... Om die Beste te wees, moet jy die Beste wees! As ons hierdie wereld beker wen kan niemand se ons het dit nie verdien nie! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-21°C Sunny. Mild. Pta: 13-23°C Showers late. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 10-21°C Showers late. Afternoon clouds. Cool. Bfn: 5-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-21°C Showers late. Partly cloudy. Cool. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

Civic 1.8 LXi
2011
R 189,900.00

RENAULT

Scenic 1.6 Expression MPV
2004
R 99,995.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT MY05
2005
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Mozambique

Reignite your romance at Mozambique's Massinga Beach Lodge from R9481 per person sharing for 5 nights. Includes ocean front room, full board, return flights, transfers. Book Now!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Bespaar op elektroniese ware

Bespaar tot R1 500 op elektroniese ware in die lente-uitverkoping. Solank voorraad hou. Koop dit nou.

Vuurwarm nuwe uitreikings op DVD en Blu-ray

Kry die beste van die beste DVD’s vanaf R90,95. Aflewering binne 24-uur op nuwe uitreikings. Koop dit nou!

Lost In The Fall

Die Dirty Skirts se derde poging is ’n keerpunt - ’n soort oorgang tot ’n nuwe rigting en dit is ’n goeie ding dat dit nou gebeur. Koop dit nou.

An Inconvenient Youth

Lees alles oor Julius Malema en die 'nuwe' ANC in Fiona Forde se boek. Koop dit nou.

FIFA 12

FIFA 2012 beskikbaar in meeste formate. Vanaf R278,95. Plaas jou vooraf-bestelling nou.

Skylanders Spyro's Adventure

Plaas jou voorafbestelling nou

Gee lewe aan jou speelgoed met jou videospeletjie-konsole. Beskikbaar 14 Oktober. Plaas jou voorafbestelling nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.