Polisie trek 9 mans vas oor perlemoen van R2 miljoen

2011-09-23 00:00

Kaapstad

Die polisie het gister die soveelste slag teen stropers geslaan toe hulle in Milnerton op R2miljoen se perlemoen beslag gelê het.

Nege mans is omstreeks 09:00 by ’n sakeperseel in Killarney Gardens in hegtenis geneem nadat die polisie op ’n wenk gereageer het.

Twee beamptes van die Milnerton-polisie het op die gebou toegeslaan en op 600 bokse perlemoen beslag gelê. Die bokse bevat elkeen 10kg perlemoen, het lt.kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, gister gesê.

Niemand het glo probeer vlug nie en die misdaadtoneel is later aan die eenheid teen georganiseerde misdaad oorgegee.

“Die mans het glo die bokse agterop ’n vragmotor gelaai wat dit na die Kaapstad-hawe sou bring.”

Die mans, tussen die ouderdomme van 21 en 39, sal Maandag op aanklag van die onwettige besit van perlemoen in die Kaapstad-landdroshof verskyn.

Vroeër vandeesmaand is perlemoen ter waarde van R250000 in ’n Audi op die dorp Sir Lowry’s Pass gevind.

’n Vermeende perlemoensmokkelaar (45) is ná ’n jaagtog tussen die polisie se blitspatrollie, hul K9-honde-eenheid en ’n verdagte groen Audi op die N2 in die rigting van Somerset-Wes in hegtenis geneem. Altesaam 16 sakke met 1644 perlemoene is in die Audi gevind.

In Augustus het die polisie perlemoen van R2miljoen in ’n luukse Porsche Cayenne Turbo gevind wat ná ’n jaagtog op die dorp Sir Lowry’s Pass gekry is.

Die polisie het ’n week tevore op perlemoen van R1,8miljoen in ’n BMWX5 op Grabouw beslag gelê.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Koos sê... Wolf is skaapwagter. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-21°C Sunny. Mild. Pta: 13-23°C Showers late. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 10-21°C Showers late. Afternoon clouds. Cool. Bfn: 5-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-21°C Showers late. Partly cloudy. Cool. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

GIS Project Manager

South Africa
E-Merge IT Recruitment
R500000 - R650000

Slaes Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000 - R600000

Senior Business Development Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R600000 - R800000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HONDA

Civic 1.8 LXi
2011
R 189,900.00

RENAULT

Scenic 1.6 Expression MPV
2004
R 99,995.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT MY05
2005
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Mozambique

Reignite your romance at Mozambique's Massinga Beach Lodge from R9481 per person sharing for 5 nights. Includes ocean front room, full board, return flights, transfers. Book Now!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Bespaar op elektroniese ware

Bespaar tot R1 500 op elektroniese ware in die lente-uitverkoping. Solank voorraad hou. Koop dit nou.

Vuurwarm nuwe uitreikings op DVD en Blu-ray

Kry die beste van die beste DVD’s vanaf R90,95. Aflewering binne 24-uur op nuwe uitreikings. Koop dit nou!

Lost In The Fall

Die Dirty Skirts se derde poging is ’n keerpunt - ’n soort oorgang tot ’n nuwe rigting en dit is ’n goeie ding dat dit nou gebeur. Koop dit nou.

An Inconvenient Youth

Lees alles oor Julius Malema en die 'nuwe' ANC in Fiona Forde se boek. Koop dit nou.

FIFA 12

FIFA 2012 beskikbaar in meeste formate. Vanaf R278,95. Plaas jou vooraf-bestelling nou.

Skylanders Spyro's Adventure

Plaas jou voorafbestelling nou

Gee lewe aan jou speelgoed met jou videospeletjie-konsole. Beskikbaar 14 Oktober. Plaas jou voorafbestelling nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.