Strydom, Uys en twee kore van SA gaan na Nederland

2011-09-23 00:00

Kaapstad

Onder die vier Suid-Afrikaanse produksies wat binnekort na ­Nederland reis, is dié van Amanda Strydom en haar groep.

Hulle is in Nederland van 29 ­November tot 17 Desember vir optredes van haar produksie Vuur in Glas in ­verskeie stede. Dié produksie keer terug na Nederland ná ’n onlangse suksesvolle speelvak en vanweë die groot vraag na haar werk daar.

Strydom was vroeër vanjaar op die eerste Afrikaans-fees in die ­Tropenteater in Amsterdam.

Die satirikus Pieter-Dirk Uys sal sy nuwe komedie Desperate First Ladies wat tans in die Baxter in ­Rondebosch te sien is, ook in ­Nederland opvoer. Van 1 tot 21 November sal dit in verskeie stede vir altesame 12 optredes te sien wees.

Twee Suid-Afrikaanse kore gaan ook na Nederland en hul program is ook bekend gemaak.

Die Khayelitsha United ­Mam­bazo Choir se toer Celebrating South Africa sal van 7 Januarie tot 4 Maart volgende jaar wees, en hulle tree in 38 lokale in verskeie stede op.

Die 26 sangers van die Soweto Gospel Choir sal in November in Nederland reis met 17 konserte vir hul toer genaamd Heaven Sent.

Die produksies geskied onder die vaandel van die Nederlandse Bos-teaterproduksies. Hulle is verant- woor­­delik vir ­teaterwerke soos Amadeus met ­Jeroen Krabbé en Marc-Marie ­Huijbregts, die ­musiekspel ­Amandla! Mandela! en De Aanslag na die boek van die skrywer ­Harry Mulisch.

Besoek www.bostheaterproducties.nl.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 14-21°C Sunny. Mild. Pta: 13-23°C Showers late. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 10-21°C Showers late. Afternoon clouds. Cool. Bloem: 5-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-21°C Showers late. Partly cloudy. Cool. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 3000 KZ-TE RB Raider D-Cab Dsl MY00
2004
R 149,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

CHEVROLET

Cruze 2.0 D LT Dsl
2011
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Mozambique

Reignite your romance at Mozambique's Massinga Beach Lodge from R9481 per person sharing for 5 nights. Includes ocean front room, full board, return flights, transfers. Book Now!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Bespaar op elektroniese ware

Bespaar tot R1 500 op elektroniese ware in die lente-uitverkoping. Solank voorraad hou. Koop dit nou.

Vuurwarm nuwe uitreikings op DVD en Blu-ray

Kry die beste van die beste DVD’s vanaf R90,95. Aflewering binne 24-uur op nuwe uitreikings. Koop dit nou!

Lost In The Fall

Die Dirty Skirts se derde poging is ’n keerpunt - ’n soort oorgang tot ’n nuwe rigting en dit is ’n goeie ding dat dit nou gebeur. Koop dit nou.

An Inconvenient Youth

Lees alles oor Julius Malema en die 'nuwe' ANC in Fiona Forde se boek. Koop dit nou.

FIFA 12

FIFA 2012 beskikbaar in meeste formate. Vanaf R278,95. Plaas jou vooraf-bestelling nou.

Skylanders Spyro's Adventure

Plaas jou voorafbestelling nou

Gee lewe aan jou speelgoed met jou videospeletjie-konsole. Beskikbaar 14 Oktober. Plaas jou voorafbestelling nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.