Gestroop en eerlik Bedingfield se leuse

2011-09-23 08:45

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

‘Ek is nou op vakansie vir ’n maand ná ’n maande lange toer deur Amerika en Engeland. Ek lê maar hier by die huis teenaan die strand rond,” vertel die Britse popster Natasha Bedingfield (29), oftewel Natasha Anne, uit Melvich, Los Angeles.

Bedingfield is deesdae ’n mevrou; sy is getroud met Matt Robinson, ’n sakeman van Tennessee wat sy in Amerika ontmoet het.

Dus nie meer enkellopend, soos sy in Single, die eerste snit op haar eerste album, Unwritten, dit uitbasuin het nie. Terloops, die musiekvideo vir Single is destyds in Kaapstad opgeneem. Die sangeres vertel dat sy weer daar wil gaan kuier.

“Julle bly darem in ’n ongelooflike land. Ek wou sien hoe dit daar lyk en toe skiet ons die musiekvideo daar,” sê sy.

Sy is deeglik bewus van Suid- Afrika se mees onlangse musiek- uitvoerproduk, Die Antwoord.

“Ek ken hulle musiek goed; ek moet nog net ’n konsert van hulle sien. Onlangs het van my vriende hier in Amerika juis ’n Halloween-kostuumpartytjie gehad en ’n paartjie het as Ninja in sy bokser-onderbroek en Yo-Landi Vi$$er opgedaag.

“En álmal het geweet wie hulle uitbeeld,” vertel sy al laggende.

Dié innemende popsangeres het onlangs haar derde vollengte album, Strip Me Away, bekend gestel.

Met dié album wou sy kommunikeer “waar ek nou in my lewe is”, verduidelik sy.

“Dis ’n geval van ‘minder is meer’ en die klanke is ook eenvoudiger. Ek wil hê dit moet eg klink; ek wou die egtheid uitleef.

“Ek wou dit eerlik hou. Hopelik voel meer kunstenaars so – ek glo baie mense weet nie werklik wie hulle is nie – en ’n mens behoort te weet.”

Unwritten (2004), wat ’n mengel van R&B en pop was, was van meet aan af ’n sukses. Sowat 2,3 miljoen kopieë daarvan is verkoop en sy het ’n Grammy-benoeming gekry vir die beste vrouepop-optrede vir die snit Unwritten.

Haar tweede album, N.B., het nie die dieselfde lof ingoes nie, maar die liedjie Soulmate en die koddige I Wanna Have Your Babies het die album gered.

In 2008 is ’n kortspeler, Pocket Full of Sunshine, met ses snitte vrygestel, waarvan die titelsnit Love Like This goeie aftrek gekry het. Nog snitte wat herhaaldelik oor Suid-Afrikaanse radiostasies gespeel is, was die lekkerluister These Words en die veel stadiger Bruise Easily.

Die sangeres se musiekvideo's word gekenmerk daaraan dat sy dikwels ingekleur word met grimering en opgetof word met hoede, uitspattige haarkapsels en vreemde ontwerpersklere.

“Ek fokus baie op die vroue- identiteit,” benadruk sy. “Daar is baie stories om te vertel in video’s en met modes. Wat ons aantrek sê dikwels so baie van ons. Maar aan die einde van die dag trek ons almal min of meer dieselfde aan, altans, modes is universeel.
“Wat belangriker is, is dat ons weet wie ons is en wat uniek is aan ons,” sê sy.

Dié meisie van Sussex, Engeland, het haar sangloopbaan in ’n Christelike dans-en-elektronika- groep, The DNA Algorithm, begin. Saam met haar in die groep was onder andere haar broer Daniel, wat bekendheid verwerf het met sy treffer If You’re Not the One.

In 1999 het sy rock- en gospel-snitte opgeneem vir die groot Hillsong-kerk in Londen en in 2004 het haar internasionale deurbraak gevolg met Unwritten.

Ondanks die groot bohaai verkies Bedingfield dit om haar vertonings soms eenvoudig te hou.

“Toe ek in Amerika getoer het, het ek graag akoestiese optredes gehou. Ek en ’n kitaarspeler sal eenvoudig in ’n kroeg sit en sing.

“In daardie stadium was dit ongewoon vir ’n popsanger, maar ek glo dit is wat my gehelp het om die Amerika-neut te kraak.”
Sedertdien het daar baie water in die see geloop.

“Ek sing nou baie jare lank. Ek voel nie dat ek moet wegkruip vir wie ek is of die heeltyd moet jammer sê nie,” sê dié vrou, van wie se musiek reeds meer as 14 miljoen albums verkoop is.

Sy skiet ook nie tekort aan inspirasie vir haar liedjies nie. Haar onlangse penvrug bestaan uit 50 snitte wat sy in twee jaar geskryf het.

Vir Strip Me Away het sy al die snitte self geskryf en saam met ou vriende soos Steve Kipner, Andrew Framton, Wayne Wilkins en die vervaardigers Kleerup (wat ook saam met Lady Gaga werk) en Eg Whit (bekend om sy werk vir Adele, Duffy en James Morrison) gewerk.

Bedingfield is ook ’n filantroop wat baie van haar geld, tyd en energie aan Global Angels bestee.

Dit is ’n internasionale liefdadigheidsorganisasie vir kinders wat deur haar ma, Molly Bedingfield, begin is. Haar ander groot grief is teen mensehandel en sy is aktief betrokke by die projek Stop the Traffik.

“As jy ’n openbare figuur is moet jy jou uitspreek teen ’n sosiale euwel. En jy moet help waar jy kan; enigiets, raak net betrokke, glo ek altyd.”

Intussen het sy ook die snit Recover geskryf wat deur die Britse stigting vir kankernavorsing as temalied aangeneem is.

Maar dan het Bedingfield ook ’n ligter kant. Sy bieg openhartig dat sy dit soms bietjie oordoen op die sosiale netwerke.

“Dan gaan ek op hierdie twiet-verslawing en twiet, twiet, twiet. En ander kere hoor jy niks van my nie.”


Volg Beeld op Twitter en gesels saam op Facebook.

binne die burger

Weer
Lotto
Ksd: 14-21°C Sunny. Mild. Pta: 13-23°C Showers late. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 10-21°C Showers late. Afternoon clouds. Cool. Bfn: 5-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-21°C Showers late. Partly cloudy. Cool. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Manager

Sandton, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R650000

BI Developer

Pretoria, South Africa
Abacus Recruitment
R240000 - R384000

Leading edge Developer

Pretoria, South Africa
Abacus Recruitment
R240000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 3000 KZ-TE RB Raider D-Cab Dsl MY00
2004
R 149,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

CHEVROLET

Cruze 2.0 D LT Dsl
2011
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Mozambique

Reignite your romance at Mozambique's Massinga Beach Lodge from R9481 per person sharing for 5 nights. Includes ocean front room, full board, return flights, transfers. Book Now!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Bespaar op elektroniese ware

Bespaar tot R1 500 op elektroniese ware in die lente-uitverkoping. Solank voorraad hou. Koop dit nou.

Vuurwarm nuwe uitreikings op DVD en Blu-ray

Kry die beste van die beste DVD’s vanaf R90,95. Aflewering binne 24-uur op nuwe uitreikings. Koop dit nou!

Lost In The Fall

Die Dirty Skirts se derde poging is ’n keerpunt - ’n soort oorgang tot ’n nuwe rigting en dit is ’n goeie ding dat dit nou gebeur. Koop dit nou.

An Inconvenient Youth

Lees alles oor Julius Malema en die 'nuwe' ANC in Fiona Forde se boek. Koop dit nou.

FIFA 12

FIFA 2012 beskikbaar in meeste formate. Vanaf R278,95. Plaas jou vooraf-bestelling nou.

Skylanders Spyro's Adventure

Plaas jou voorafbestelling nou

Gee lewe aan jou speelgoed met jou videospeletjie-konsole. Beskikbaar 14 Oktober. Plaas jou voorafbestelling nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.