24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24
Gulsigheid tap hulpbronne

Mense wat meer word en mense wat meer wil hê, vorm die kern van die wêreld se...

Regsraamwerk om nog 'n krisis te keer

Die krisis wat die finansiële markte tussen 2008 en 2009 geskud het, lei stee...

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

SA het nou minder kinders, bejaardes

Sep 23 2011 08:00 Jean-Marie de Waal

Verwante Artikels

Opkomende verbruikers moet spaar

Dís die ware koste van stakings

En dan is daar 7 miljard van ons . . .

 

Top Stories

Klagtes stroom in oor staatsdiens

Sep 23 2011 08:00

Die Staatsdienskommissie het in die afgelope boekjaar sy hande vol gehad met klagtes oor die onetiese optrede van staatsamptenare.

Staat kniehalter die ekonomie

Sep 23 2011 08:00

Die regering beperk groei deur sy toenemende betrokkenheid by die ekonomie en sy “rampspoedige” teikens vir werkskepping.

SA het nou minder kinders, bejaardes

Sep 23 2011 08:00

Suid-Afrika het vir die eerste keer in amper twee dekades meer mense wat kan werk as “afhanklikes”, soos kinders en bejaardes.

 
Share Share line Print
Suid-Afrika het vir die eerste keer in amper twee dekades meer mense wat kan werk as “afhanklikes”, soos kinders en bejaardes.

Die voortgesette daling in die Suid-Afrikaanse bevolkingsgroeikoers en afname in die geboortekoers sorg nou vir die seldsame verskynsel van ’n demografiese of “jeugdividend” wat beleggingsgeleenthede nodig het om ekonomiese ontwikkeling te versnel en armoede te verlaag.

Dít blyk uit die departement van maatskaplike ontwikkeling se vorderingsverslag oor die witskrif oor bevolkingsbeleid van 1998.

Dit is gister op die persvergadering ná Woensdag se ­kabinetsvergadering bekend gestel.

Die verslag meld: “Dié ­geleentheid verdwyn weer binne ’n generasie soos die bevolking verouder en afhanklikheid weer toeneem.”

Die verslag meld die gemiddelde jaarlikse bevolkingsgroeikoers sal na raming daal tot 0,9% teen 2014 (van 1,3% tussen 2001 tot 2007).

Tussen 1996 en 2001 het die bevolking teen ’n jaarlikse ­gemiddelde koers van 2,1% gegroei.

Die verslag noem die bevolking raak meer volwasse. Die persentasie kinders onder 15 neem af.

Die jeuggedeelte van die bevolking (tussen 15 en 34 jaar) het redelik bestendig gebly, maar die persentasie daarvan kan in die toekoms groter word.

“Die Suid-Afrikaanse bevolking staan gereed om ’n demografiese dividend te lewer waar ’n opbloei van die bevolking wat kan werk in verhouding tot afhanklikes soos kinders en bejaardes ’n hupstoot vir ontwikkeling kan wees,” noem die verslag.

Mnr. Vusi Madonsela, direkteur-generaal van maatskaplike ontwikkeling, het op die persvergadering gesê Suid-Afrika moet behoorlik voordeel trek uit dié jeugdividend.

Teen 2014 sal Suid-Afrika na verwagting ’n ­bevolking van 51,5 miljoen mense hê.
 

 
 
Comment on this story
0 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining
Groensake

Mense wat meer word en mense wat meer wil hê, vorm die kern van die wêreld se hulpbronprobleem. Aan eersgenoemde is China met sy eenkindbeleid nie bang om iets te doen nie, maar dit het onbedoelde gevolge, soos die maatskaplike probleme inherent aan ’n oormaat jong, rustelose onge... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...